Boesman-Stories.
No. | Bladsy. | |||||||
’n Paar Woorde vooraf | 1 | |||||||
51. | Klipgereedskappe | 3 | ||||||
52. | Uit die Geskiedenis | 9 | ||||||
53. | Die Boesman self | 15 | ||||||
54. | Die Boesman-taal | 23 | ||||||
55. | Huislike Lewe en Gewoontes | 29 | ||||||
56. | Godsdienstige Begrippe | 41 | ||||||
57. | Bygeloof aangaande seker Diere | 49 | ||||||
58. | Nog meer oor Bygeloof | 59 | ||||||
59. | Die Boesman as Kunstenaar | 65 | ||||||
60. | Die Boesman as Jagter | 71 | ||||||
61. | Die Boesman as Krygsman | 81 | ||||||
62. | Die Boesman as Bediende | 89 | ||||||
63. | Voortekens en Voorgevoel | 95 | ||||||
64. | Nog meer uit die Geskiedenis | 101 | ||||||
65. | Pyl en Boog | 109 | ||||||
66. | Hoe Boesmans Vry en Trou | 117 | ||||||
67. | Is Boesmans werklik so dom? | 125 | ||||||
68. | ’n Boesman is waarlik dapper | 133 | ||||||
69. | Hoe Boesmans verf maak | 141 | ||||||
70. | Kinders van die Natuur | 147 | ||||||
71. | Fyn Diefstalle | 155 | ||||||
72. | As Nood die Boesmans druk | 161 | ||||||
73. | Wat ’n Boesman alles kan doen | 167 | ||||||
74. | Wat ’n Boesman nie kan doen nie | 175 | ||||||
75. | Wat alles in voordeel van Boesmans is | 183 |
[1]
Hierdie slag het ons die eer om Deel III van “Boesman-Stories” in die hande van die Publiek te lê. Deel I het ons ’n insig gegee hoe flou die godsdienstige begrippe van die Boesman is; in Deel II is ons vergas geword op Stories wat enigsins die diepte van sy denkvermoë peil. Dus, tot sover het ons hom met ons verstand gevolg.
Maar nou in hierdie Deel III en ook in Deel IV stel ons hom in sy eie natuur kaal en bloot voor die oë van die leser. Ons sal hom in sy tuiste en in die veld, as versorger van sy gesin en kunstenaar, as jagter en krygsman, stap vir stap op die hakke volg. Dus, ons wil nou met sy persoonlikheid en geaardheid kennis maak.
Die eerste twee Dele is dus Stories deur Boesmans vertel; die volgende twee is Verhale omtrent Boesmans meegedeel. In die eerste geval was die outa as Storie-verteller aan die woord: in die laaste geval is die skrywer die verteller. Dus kan dit moontlik van ons verwag word dat ons ’n meer verhewe skryfstyl moet aanpas. Dog na ons beskeie mening sal ons afbreuk aan die egtheid van die materiaal doen om dit met ’n vergulde nerfie oor te blaas. Ons het nou eenmaal met ’n eenvoudige skryftrant begin: vergun ons dan ook om dit also te eindig.
In die eerste twee Dele het ons volkome vertroue op ons eie aantekeninge gestel, en het dus vermy om gebruik [2]te maak van mededelings in druk, geskrif of mondeling: dog in die laaste twee Dele moes ons in seker Hoofstukke (Deel III, om die skakels saam te knoop) gebruik maak van geskiedenis en boeke wat ons by die geleentheid sal aanhaal. Verder is ons baie dank verskuldig aan mnr. Emanuel de Roubaix, van Roggeland, Nieuwoudtville, mnr. A. W. van Zijl, van Klein-Breipaal, Kenhardt, en ds. W. S. Rörich, van Kroonstad (vroeër van Namakwaland), vir hulle welwillendheid om ons bydraes te stuur, waardeur hierdie werk sy oorspronklike karakter handhaaf. Ons reik hul die hand van dankerkenning uit en gee hul ’n warme handdruk as ’n blyk dat ons hulle onselfsugtige medewerking baie hoog op prys stel. Ieder se bydrae sal ons waar dit ingevleg is, spesiaal aanhaal.
In Jakob Platjie het ons reeds baie feite oor Boesmans meegedeel; om daardie gegewens hier uit te sluit, sal ons die volledigheid van hierdie werk nie reg laat wedervaar nie; daarom vul ons die nodige besonderhede ook hier in.
Hierdie Deel is miskien meer van ’n wetenskaplike aard, so eenvoudig voorgestel as dit in ons vermoë geleë is; dog die volgende Deel IV is avontuurlik en minder so. Daarin kry ons te doen met gevegte met en deur Boesmans, dan sal ons regtig leer wat in ’n Boesman sit.
Die Skrywer.
Kafferstat, P. K. Hendrina,
Transvaal, Julie 1919.
[5]
OPMERKINGS:—In hierdie Verhaal wil ons iets vertel hoe die oudste volke hulle gereedskappe van klip gemaak het. Ons vertel dit hier, omdat Boesmans vandag nog dieselfde ding doen.
In die verre oudheid, toe die mensdom taamlik wyd oor die aarde versprei was, het hy in die begin nie die kuns verstaan om metale uit erts te smelt en te bewerk nie. Om tog ’n soort gereedskap te hê om wild mee af te slag, of om hulle mee dood te maak, of waarmee die mens self hom moet verdedig—so het hy vereers vuursteen geneem en dit reggekap om dit ’n soort gerieflike vorm te gee. Om dit mooi te bewerk en glad te slyp, het hy die kuns nog nie verstaan nie. So word daardie tydvak die Ou Steentydperk genoem.
Maar as ’n oplettende mens iets herhaaldelik doen en goed na sy werk oplet, dan leer hy homself aldag om die werk beter te maak. So het na verloop van tyd sommige van daardie oumense net knap geword om ’n beter klas gereedskap te maak. Hulle gee daaraan ’n beter vorm, sit handvatsels daaraan en slyp dit glad en blink. Hierdie tydvak word die Nuwe Steentydperk genoem.
Dit alles het gebeur voor die mensdom kon lees of skrywe. Maar daardie ou gereedskappe van klip is onverganklik [6]en is vandag nog te vinde, en wel in gruis, ou vullishope of werkplekke wat in ons teenswoordige tyd ontdek is. In die museums in Europa is daar baie van sulke ou gereedskappe te sien, soos kliphamers, klipmesse, asgaaipunte van klip, ja, selfs sae van klip. Die soort vuursteen wat hulle gebruik het, is dieselfde as wat ons oupa’s en grootjies vir hulle tonteldose en vuurslae en vir hul ou haan-en-pan-roers gebruik het. Want hierdie soort steen is gelukkig wyd oor die aardbodem versprei.
Later ontdek die oumense die kuns om koper en tin uit erts te smelt. Maar koper en tin is nie so danig hard nie en word met gebruik gou stomp. Toe vind hul weer uit as hul die twee saamsmelt, dat hul dan ’n harder metaal, brons, verkry. A, dit was ’n geluk! Hulle giet toe meteens die stuk gereedskap in kleivorms na die patroon wat hulle verlang, die punte en kante van daardie gereedskappe word weer warm gemaak en met hamers skerp geslaan en verder geslyp. Dit was toe al ’n groot vordering in die rigting van beskawing. Hierdie tydvak word die Bronstydperk genoem.
Dog, met die gedurig smelt van brons leer die oumense die kuns om yster uit erts te smelt. Hulle leer nie alleen hoe om yster te bewerk nie, maar ook om dit hard tot staal te maak. Hierdie tydvak word die Ystertydperk genoem; en ons teenswoordige geslag leef nog in die Ystertydperk, wat ontsaglik tot die beskawing van die mensdom bygedra het. Wat beteken ’n wêreld vir ons vandag sonder yster?
Maar moenie glo dat die beskawing oor die hele wêreld op gelyke voet voortgegaan het nie! Die Egiptenare [7]het reeds 4400 jaar voor Kristus ’n Farao, Mena, gehad wat huise en tempels van groot gekapte en bewerkte klippe gebou het, terwyl ou steengereedskappe in Egipte versprei lê. Babilon het daarna sy toppunt bereik, toe Persië, toe Griekeland, toe Rome. En met die geboorte van Kristus het genoemde nasies hoog teen die leer van beskawing opgeklim. Maar Julius Caesar, toe hy met Engeland in 52 v.K. oorlog maak, vind dat die Britte nes Kaffers en Boesmans nog kaal loop. Dit was dieselfde geval met die Duitsers en ander westelike Europese nasies. Die Roomse en Griekse kerke het daardie barbare in hande geneem om hulle te beskawe.
Die Kafferstamme verstaan om yster ru te bewerk—dit blyk uit die maak van hulle eie asgaaie, terwyl die Boesman tot vandag toe nog daarvan niks af weet nie. Hy is dus in die trap van ontwikkeling en beskawing geen steek verder as die mensdom in die voorgeskiedenis-tyd nie, toe hul ruwe gereedskappe van vuursteen vervaardig het. [11]
OPMERKINGS:—In hierdie Verhaal kom seker feite voor wat ons ontleen het aan die Inleiding deur dr. G. McGall Theal vir dr. W. H. I. Bleek se boek “Bushmen Folklore.”
Daar is seker eienaardighede verbonde aan die gereedskappe en tekeninge van elke nasie. Bestudeerde mense kan vertel van watter nasie sulke kunsstukke afkomstig is. Gereedskappe en tekeninge wat net soos dié van Boesmans lyk, word min of meer oor die hele Afrika aangetref—ja, selfs tot die suidelike dele van Europa. In die suide van Frankryk is spelonke waar sulke gereedskappe en tekeninge gevind is, wat baie ooreenkoms het met dié van Boesmans. In elk geval skyn dit daar gemaak te wees deur ’n ander nasie as wat die Franse van afstam. Daar is voldoende aanwysing egter dat Boesmans amper oor die hele Afrika agter wild rondgeswerf het.
Die ou Egiptenare het die gewoonte gehad om al hulle groot gebeurtenisse in hulle tempels af te skilder of dié op hulle monumente uit te kap. Hulle is daarvoor bekend dat hul die portret van iemand se gesig baie duidelik kon afbeeld. Dog die Boesmans verstaan weer beter as die Egiptenare om ’n ding ver of na op ’n tekening te laat lyk. [12]Omtrent 3,000 jaar voor die geboorte van Kristus was daar ’n kind, Pepi II, die Farao van Egipte. Sy moeder het ’n handelstog na die midde van Afrika uitgerus om kosbaarhede vandaar te gaan inhandel. Kerkuf was die voorman daarvan. Toe hy terugkom, bring hy ’n dwergie mee wat so goed kon dans, om die jong seun Farao daarmee te vermaak. Die Faraootjie was so in sy skik met die present dat hy die brief van bedanking aan Kerkuf op sy eie graf laat uitbeitel het; en dis vandag nog te sien. Elkeen wat na die dwerg se afbeelding kyk, moet verklaar dat dit ’n ware Boesman is.
Baie lank voor Salomo regeer het, het die Egiptenare al handel met die binnelande van Afrika gedrywe. In 1552 v.K. het die vrou Hatasu (Hatshepsu) oor Egipte regeer. Sy het toe ’n groot handelsgeselskap na die Land van Punt (Skeba?) uitgerus. Na drie jaar kom hulle terug. Die Koningin van daardie Land het met kamele oor land na Hatasu gekom. Sy het baie presente met haar gebring. So bly was Hatasu daaroor dat sy die hele optog in die tempel wat sy op Deir-el-Bahri gebou het, teen die muur laat afskilder het. Die Koningin van Punt, natuurlik, is ook in die optog, waarvan die skildering vandag nog teen die muur te sien is. Al wie na die tekening kyk, moet verklaar dat dit ’n ware Boesmanmeid voorstel. Kyk maar na die kroes hare, die plat neus, die klein handjies en voetjies, die klere en die fatsoen van die lyf.
Die Hottentotte en Kafferstamme dring toe in later jare suidwaarts, hulle kom in aanraking met die verspreide Boesmanras. Die Boesmans begin toe die vee te steel en [13]op roekelose wyse te slag, wat tot gevolg gelei het dat albei Kaffers en Hottentotte die Boesmans voor die voet begin uit te roei. Die jongmeide is tot vroue geneem geword, wat weer ’n ander gevolg gehad het, naamlik die Boesman-taal oefen toe invloed uit op albei sprake—dié van die Hottentotte en die Kaffers.
Toe die blanke bevolking aan die Kaap ’n volkplanting kom aanlê, het die Kaffers reeds aan die ooskus van Suid-Afrika deurgedring tot Visrivier toe, en die Hottentotte van Damaraland tot die suidelike punt van Afrika. Die Boesmans bewoon toentertyd die Kalaharie, Transvaal, Vrystaat en die binnelande van die ou Kolonie.
Maar algar brei hulle grense meer en meer binneland-toe uit, sodat die grond waarop die Boesman hom bevind, kleiner en kleiner word, tot hy vandag geen duim grond meer besit wat hy as sy onbetwiste eiendom kan noem nie. Die waters wat sy vaders en voorvaders by gedrink het, is van hom afgeneem geword, die wild waarvan hy gelewe het, is op ’n roekelose wyse vernietig geword, sodat hy dit toe swaar kry om ’n stukkie wild in hande te kry, want sy boog en pyle skiet nie te ver nie.
Hy begin weerwraak te neem en begin onder die blanke hulle vee te vang en te slag. Kommando’s is teen hom uitgerus geword; en daar hy ’n man is wat veg tot sy laaste pyl weggeskiet is, is dit nie algar se werk om die Boesman gevange te neem nie. So is hy ook deur Engelsman en Boer by sulke geleenthede doodgeskiet geword. [14]
Maar die uitroeiing van die Boesmans het nie op so ’n voet voortgegaan sonder dat vir hulle herhaalde kanse gegee is nie. Die grensboere wou die Boesmans vir diensbodes huur en het hul vee gegee om ’n boerdery mee te begin, hulle het die Boesmans saadgraan gegee om te saai. Dog albei vee en graan is opgeëet geword in plaas van daarmee te boer, en toe was hul weer so naak en arm as Job op die ashoop. Sendelinge het probeer om hul na die sendingstasies te lok; maar sodra hul nie meer volop kos sonder daarvoor te werk, kry nie, verlaat hul die stasies en gaan weer die woestyn in. Die Vrystaatse Regering het twee stukke grond vir Boesman-lokasies beskikbaar gestel, dog hul maak die fout om Korannas daartussen te plaas, met die gevolg dat dit op ’n mislukking uitgeloop het. Onderwyl hou die Boesman nie op om vee te steel nie, en vermoor selfs die veewagters op wrede manier.
As wilde mens het hy geen rus of duur om te lank op een plek te woon nie—die vrye natuur is sy lewe. Hy gee dan nie om aan watter gevare deur ongediertes, honger of dors hy hom blootstel nie.
Op die Hoëveld van Transvaal het ons vir dertig jaar gelede nog Boesman-kraaltjies aangetref, dog hulle het sedert weggetrek; en baie van die meide het met Kaffers getrou, sodat hul op hierdie manier ook tot niet geraak het, deurdat hul nie meer hulle huislike lewe bevorder het nie. [17]
OPMERKINGS:—In hierdie Verhaal vertel ons van die persoon self wat ons as Boesman ken.
Die Boesman noem hom in sy eie taal, Cham, of liewers gesê, ’Cham-ka-’kui (ka is se of sy, en ’kui man). Boesmanland noem hy ’Cham-ka-’au, en sy taal is ’Cham-ka-’kakken.
In gewone gesprekke praat ons van verskillende rasse van Boesmans, naamlik van:—
Die Dwergies. Hulle is die kleinste mensras; een met die ander het hul ’n lengte van 4 voet 6 duim; en bewoon die donker houtbosse van Middel-Afrika, wes van die Albert-Nyansa-meer. Hulle is geel van kleur, met groot, wakker oë, wat miskien te wyte is aan die skemering van die digte woude. Dog in ander opsigte verskil hul min van [18]die Boesmans van Suid-Afrika: hulle praat ’n taal wat deur die gewone Boesman verstaan word, hulle gebruik dieselfde wapens, hulle lewenswyse is dieselfde, en hulle liggaamsbou en geaardheid kom perfek ooreen met dié van die gewone Boesman. In 1884 het ’n reisende sendeling ons meegedeel dat die Dwergies baie sku is om die houtbosse te verlaat. Eendag sien hy ’n paar na ’n groot kremetartboom hardloop, alwaar hul in die boom opklim en kort daarop hol hul weer terug na die houtbos toe. Hy het daarheen gestap en het een van die kleintjies gevang. In die kremetartboom, waar die takke van die stam wegdraai, het water in die holte gestaan; en dit kan altyd as vaste teken van aanwesigheid van water beskou word as ’n mens die Dwergies na ’n boom van hierdie soort sien hol. Wel, hy het die kleintjie kos en water gegee; maar net verniet dat hy sy mond daaraan wou sit. Die sendeling het allerhande soorte kos probeer; maar altyd verniet dat die Dwergie wou eet of drink. Hy was naderhand verplig om die Dwerg te los liewers as om hom van honger en dors te laat sterwe.
Die Vaalpens-Boesmans, of Vaalpens-Kaffers. Hierdie nasie is ’n baster-ras tussen Kaffers wat deur een of ander rede die woesteny ingevlug het, en die gewone Boesmans. Op die oog gesien, is sy liggaamsbou lank en swart nes dié van ’n Kaffer, dog in maniere, geaardheid en taal is hy ’n ware Boesman; maar lank nie so skrander en gesleep as ’n ware Boesman nie. Hy lei die lewe van ’n swerfling en gebruik ook pyl en boog. Hy is voorwaar ’n treurige menssoort en lyk soos ’n hond wat nie ’n baas het [19]nie—ja, hy sal selfs ’n volle jaar werk om ’n hond te verdien. Hulle word aangetref op die grense van die Kalaharie tot in Masjonnaland. Hulle voeg hul graag by jagters.
Die gewone Boesmans. Hulle is eintlik die onderwerp van hierdie boekdele; dis van hulle wat ons al die Stories vertel het, en wat verder ons aandag in beslag sal neem. Hulle het ’n vuil, geel kleur en het ’n gemiddelde lengte van 4 voet 9 duim—dus 3 duim langer as die Dwergies van Middel-Afrika. Die Boesman se hare is wollerig en in klossies op sy kop vasgedraai; sy gesig is plat met breë wangbene onder die oë, terwyl hy ’n baardlose, spits ken het. Sy neus is plat en sy oë is half toegeknyp, sodat hy deur ’n skrefie onder sy oorhangende ooglid uitkyk—miskien is dit daaraan te wyte dat hy altyd sonder hoed in die skerp, oop lug na wild jag. Baie Europese meisies sal seker sy klein handjies en voetjies beny. Sy liggaam is maar tingerig, en tog sal baie hom dit nie nadoen om ’n boogsnaar so ver na agter te trek nie. In daardie liggaampie sit baie uithou-krag. Hy kan lang afstande afdraf of hardloop sonder in te gee. Daar is glo geen ander soort mense wat so lank honger en dors kan uithou nie. Sy voorkop is laag, maar sy agterkop is sterk ontwikkel. Die nate van sy dik kopbeen is so vas aan mekaar gegroei dat baie mense onder die indruk verkeer dat ’n Boesman nie nate in sy kopbeen het nie—wat egter nie die geval is nie: hy het deeglik onsigbare nate.
Sy oë is klein en bruin en besit ’n siensvermoë wat menige mens laat verstom. As hy sy hand bokant sy oë [20]hou om dié teen die skerp sonlig te beskerm, dan kan hy heuningbye onder die son verby sien trek. Hy is baie oplettend wat die spore van wild en uitwerpsels van heuningbye betref. Op hierdie aanduidings spoor hy hulle gou uit.
Die Boesman is by uitnemendheid ’n swerfling en ’n ontembare liefhebber van vryheid. Hy swerf in die woesterny rond so lank hy daartoe nog geleentheid vind. Hy word vandag nog aangetref van die noordgrense van die Kaapprovinsie, dwars deur die Kalaharie tot aan die Ovamborivier, aan die noorde van Damaraland.
In verstand is hy maar swak ontwikkel—lees en skrywe val swaar. Dit skyn of hy maar net tot drie kan tel, want in sy taal het hy net woorde vir een, twee, drie—verder noem hy dinge met die woord baie (of soos hy sê: “nie min nie”). Soos meeste barbare, loop hulle nakend: die mans slaan ’n smal vel onder sy bene deur en bind dit agter en voor aan ’n gordband vas, terwyl die meide ’n soort kort velrok dra nes die voorskoot van die Skotte, of hul dra ’n karos of velle om hulle lyf. Hulle wonings is soms ’n slaapplek agter ’n bos, dog hulle woon in hutte van gras en bossies of van matjiesgoedmatte gemaak. Waar hul spelonke naby water en waar wild volop is, kan bereik, daar woon hul graag in. En dis gewoonlik in sulke kliphuise waar hul hulle tekeninge teen die rotswande maak. Die huismeubels is velle van wild om op te slaap, die borsbeen van volstruise om as skottel te dien en kleipotte om kos in te kook. Vir lepels om sop mee te eet, gebruik hul ’n kwas nes dié wat skilders gebruik, of bedien hul met [21]ribbebene wat hol geslyp is. Water word aangedra en bewaar in leë doppe van volstruiseiers of in die pens van ’n geskiete springbok of ander wild. Verder maak hul knapsakke om Boesman-rys (jong miere) aan te dra en daarin te laat tot dit op die vuur gaargemaak word.
Die vernaamste en vertroubaarste wapen is sy pyl en boog. Daar is verskillende soorte pyle: daar is met gif agter die harpoen gepleister, en daar is sonder gif; dan is daar weer wat harpoene het en wat net skerp beenpunte het. Dog met jag gebruik hul ook kort knopkieries om klein wild mee dood te gooi, en sommige het ’n asgaai op een of ander wyse in hande gekry. Hulle verstaan ook om klippe met ’n slinger te werp—soos David teen Goliath gebruik het. Waarom hy die boog en pyle bo alles verkies, is dat met die hanteer daarvan kan hy sy lyf wegsteek, en soiets as mis-skiet ken ’n Boesman glad nie; terwyl weer met die gebruik van die knopkierie, asgaai of slinger, moet hy sy liggaam vertoon, en dit doen hy nie graag as hy ’n mens of wild aanval nie. Nee, sy naam is Oompie Raakskiet. In sterk wind is hy minder gelukkig.
Sy voedsel bestaan byna uit enige ding—al wat hy nie eet nie, is wat hy nie in hande kan kry nie. Onder sy lekkernye bevind hulle slange, akkedisse, goggas, paddas, bloed, en hy sal vir dors selfs die vog uit die ingewande van wild gebruik. Maar sy vernaamste voedsel is vleis, veldvrugte, wortels, uintjies en heuning.
As jagter is hy vernuftig en fyn om planne te maak en dié op die bekwaamste wyse uit te voer. Met jag sal ons sien dat ons in hierdie opsig by hom ver kort skiet; [22]en dan sal ons verstaan dat ’n Boesman nie so onnosel is as hy lyk nie. Hy weet hoe om die verskeurende diere te vermy, of aan te val om hulle te dood.
Hy verstaan net niks van enige vorm van Regering nie; daarom het hy geen wette nie—elkeen moet maar sy eie reg op sy eie manier soek. Sy wet is: “Kry ek jou, dan sterf jy, en kry jy my, dan krul ek.” Van ’n opperhoof, of kaptein, weet hy niks af nie. Dit mag wel gebeur dat die inwoners van ’n kraal die sterkste en dapperste man as leier beskou of dat ’n dapper vader deur sy famielie hoog in tel gehou word. Maar al hierdie ontsag hou dadelik op as die leier oud of swak word, of as die klomp uit mekaar koers vat.
Omtrent hulle godsdiens sal ons in ’n ander verhaal vertel en sien hoe flou dit is. Net soos alle barbare, is hul opgegroeide kinders tot hulle dood toe. Maar as kinders van beskaafde ouers in ’n woesterny alleen by hulleselwe opgroei en daar niks as lug, berge, bosse en diere sien nie, sal hul dan baie anders van verstand wees?
Sommige persone wil beweer dat ’n Boesman nie ’n mens is nie; ons sal net ’n paar vrae aan hulle stel: Het ’n Boesman ’n taal en kan hy ’n ander taal leer? Kan ’n Boesman vuur maak en die vuur aan lewe hou? Kan ’n Boesman gereedskappe maak en dié gebruik? Hou Boesmans honde aan en bly die honde vir hulle getrou?
So kan ons nog meer vrae stel, maar sal nog net een vraag doen: “Watter dier nog kan dit alles doen?” En dan voeg Jakob Platjie daarby: “Hoekom spook ’n Boesman as hy dood is?”
Die enigste huisdier wat ’n Boesman aanhou, is ’n hond. [25]
OPMERKINGS:—Ons sal maar hieroor ’n kort Verhaal skrywe; want jeugdige lesers kan dit maar oorslaan, terwyl gevorderde lesers tog iets van ons daaromtrent wil hoor. Ons is vir sommige informasie dank verskuldig aan “Bushmen Folklore” deur dr. Bleek en mej. Lucy Lloyd, wat die taal geleer en bestudeer het. Verder deel ons mee wat ons van oorlamse Boesmans daaromtrent verneem het.
As ons ’n klompie Boesmans hoor gesels, dan laat dit ons amper dink aan ’n geselskap paddas wat langs ’n watervoor sit koert en tong klap. Die eerste vraag wat by ons dan oprys, is: “Is dit nou werklik ’n taal in die regte sin van die woord?”
By noukeurige studie sal ons uitvind dat dit wel deeglik ’n taal is, waarvan die selfstandige naamwoorde vyf naamvalle besit, en dat die werkwoorde volledig vervoeg word. Ons sal verder bemerk dat daar ’n enkelvoud, tweevoud en ’n meervoud van selfstandige naamwoorde is. ’n Ryk woordeskat is ons nog nie in hande geval nie: armoede openbaar hom op baie plekke. Verder is die woorde vir die merendeel eenlettergrepig en behoort met die grootste noukeurigheid uitgespreek te word deur die behoorlike tongklap, of klik, te gebruik, om die korrekte [26]klemtoon op die woord te plaas en om noulettend die uitspraak op die regte plek van die mond te gee, anders kry dit glad ’n ander betekenis.
Daar is nie minder as vyf verskillende tongklappe, of klikke, nie. Ons gee hul hier so goed en kwalik as ons kan:—
Dan kom nog klanke wat vir ons vreemd is, soos:—
So is daar nog sommige waarop ons nou nie die aandag sal vestig nie.
Hieruit is dit duidelik dat ons 26 letters van die a, b, c nie genoeg is om al die klanke in die Boesman-taal in geskrif weer te gee nie—dus volg dit dat meer letters en tekens vereis word om hierdie taal behoorlik te skrywe.
Persone wat die taal nie wetenskaplik ondersoek het nie, verklaar somar uit die staanspoor dat dit onmoontlik is om die Boesman-taal in geskrif te bring.
Hier gee ons ’n voorbeeld hoe Boesmans ’n selfstandige naamwoord verbuig (volgens dr. Bleek):—
Enkelv.: | Meerv.: | ||
N. | ’Kuiten (man). | N. | ’’Eiten (manne). |
G. | ’Kuita (man se). | G. | ’’Eita (manne se). |
Vok. | ’Kuwe (o man). | Vok. | ’’Auwe (o manne). |
Ak. | ’Kui (man). | Ak. | ’’Ei (manne). |
Alt. | ’Kuko (ander man). | Alt. | ’’Ekuiten (ander manne). |
Daar is baie van ons Afrikaners wat die Boesmantaal pront ken, omdat hul dit van die lippe van Boesmans geleer het; maar ongelukkig het hul nie die opleiding op skool gehad om die taal wetenskaplik te kan skrywe nie—[28]so besit hul ’n waarde waarvan hul tot nut van die wetenskap nie gebruik kan maak nie. So min blanke ken die Boesman-taal pront—want dit moet van kinderjare af geleer word: ’n volwasse raak die taal nooit grondig baas nie. Daar bestaan tans nog geleentheid—wie weet hoe lank dit nog kan duur?—vir wetenskaplike genootskappe om blank kinders wat die taal van die Boesman ken, ’n goeie akademiese opleiding te gee om daardie taal grondig te ondersoek en met taalgeleerdes te bestudeer.
Maar nou kom die vraag: Praat die Boesmans nou nog die ou oorspronklike taal? Ons verwag soiets nie; maar tog, die teenswoordige Grieks en Italiaans is voorwaar die kind van ou Grieks en van Latyn. Dan moet ons daarby in herinnering hou dat die Boesmans in gedurige aanraking met vreemde stamme gekom het, en dat ’n Boesman in verbasende goeie aanleg besit om ’n vreemde taal gou aan te leer; maar wat weer aan die ander kant vir sy oorspronklikheid pleit, is dat hy baie behoudend is in sy maniere, en dis daarom dat ons onder al sy verdrukking vandag nog opregte Boesmans vind. [31]
OPMERKINGS:—In hierdie Verhaal slaan ons ag op die gedrag van die Boesman as vader of moeder, as kind en as persoon in sy samelewing.
Die Boesman is in geheel nie onverskillig omtrent sy huisgesin nie. Sou dit anders gewees het en as hy sy famielie verwaarloos het, hoe kan hy nog as wilde mens in die onbarmhartige woesterny sy bestaan handhaaf? Die vader is die jagter en verdediger, die moeder die versorgster van veldkos, Boesman-rys en van haar kinders. So gevoel die kinders hul veilig onder die beskerming van hulle ouers—al groei hulle op omsingel deur en onder verskeurende ongediertes.
Een dag leef hul in oordaad, dae daarna vergaan hul onder die gevreet van ondraaglike honger en dors. Hulle ken net ’n dag van vandag en bekommer hul glad nie oor die dag van môre deur voedsel en deksel daarvoor opsy te sit nie. Hulle reken: Besit ek vandag iets, dan sal ek dit môre ook wel weer hê; en kry ek dit nie, dan moet ek sonder murmureer daaroor doodtevrede wees—en hy is ook tevrede!
Skiet die vader ’n stuk grootwild, en hy en sy gesin kan dit nie meteens vervoer nie, dan bly die gesin daar en gaan [32]aan braai, hul eet tot hulle middellyf op ’n ongelooflike wyse uitswel; dan begin hul te dans, of gaan slaap, om die braaiery oor ’n ruk weer te hervat en eet dan weer tot die kos hul in die keel sit. So hou hul aan tot alles op is. Raak hulle water intussen op, dan drink hul van die maagsoppe van die wild waarvan hulle braai. Die vleis moet al baie sleg geword het eer ’n Boesman dit as ongeskik vir voedsel verklaar. Hul bly daar, slaap daar en vertrek eers na daar niks meer te aas is nie. Intussen maak die wolf in die nag ook daar sy verskyning. Kry die vader ’n kans vir ’n skot, dan waag hy dit. Is dit ’n raak skot, dan is daar meer kos vir die volgende dag.
Maar so rojaal gaan dit nie aldag nie. Dit gebeur dae agtereen dat hy niks te skiet kry nie. Namate die honger hom laat gevoel, na dié mate gord hy sy lende nouer en nouer met sy hongerband, of gordband, aan. Sy oë sink dan nog dieper in sy kop, hy lyk vaal en uitgeput. Nou eet hy net wat voorkom, om sy kragte weer te herstel. Ons kan begryp hoe die jong kindertjies om kos huil as daar nie is nie.
Net so is dit met water gesteld. Op jag gebeur dit dat hul baie lank geen water kry nie. En kom hul dan by water, dan is dit ’n kleinigheid vir ’n volwasse Boesman om die helfte van ’n groot emmer water uit te drink, en ’n klein kindjie sal ’n paar bottel water soos niks uitdrink nie. Hulle wag ’n rukkie en drink weer ’n goeie hoeveelheid water.
BOESMANS AAN VLEIS-BRAAI.
As ’n man wild na huis bring, dan word die afgekoude bene ’n entjie van die deur van sy hut op ’n hopie gegooi. [35]So het elke man in die kraaltjie sy eie beenhopie. Die afgeëte bene, so lank geëet word, word in die hol bak van die borsbeen van ’n volstruis geplaas. Is daardie beenskottel vol bene, dan word dit na die beenhopie gedra en daar neergegooi. Dit word by ieder geleentheid gedoen.
Maar het net een man van daardie kraaltjie ’n groot stuk wild geskiet en hy deel daarvan aan sy ander kraalmaats uit, dan kry die skut die nekstuk, en hulle gee die boonste dik murgbene aan die kinders van die man wat die wild geskiet het, en die ander afgekoude bene gooi hul ook op die beenhopie van die man wat die wildstuk geskiet het. Op hierdie manier kan elke man die bene van die wild wat hy geskiet het, wys.
Die boonste bladbeen van ’n springbok word nie op die beenhopie gegooi nie, uit vrees dat die honde dit mag opkou; daarom word dit tussen die latte van die hut weggesteek—en wel in die hut van die man wat die bok geskiet het.
As ’n Boesman ’n ongeluk kry en nie verder kan loop nie, dan gooi hy stof in die lug om te laat sien waar hy is en dat hy nog leef. Oor ’n ruk hervat hy die opgooi van stof weer; en so hou hy aan tot hul hom gewaar, of tot hy nie meer kan nie. Word een vermis, dan is die uitkyk na stof die eerste ding.
As Boesmans enige tyd op ’n plek gewoon het en trek dan weg om wild of water skaars geword het, of om een of ander rede, dan trek hul bossies uit, plant dié met wortels na bo en pak dit met grond vas, en wel in ’n lyn [36]wat aantoon in watter rigting hulle getrek het. By die ou kraaltjie trek hul diep grippies met hulle voete om die aandag te vestig in watter koers die bossies geplant is. Die eerste omgekeerde bossie word naby die ou plek geplant, die twede ’n bietjie verder, die derde nog verder, en so voort; by ieder van sulke bossies word ’n streep getrek. Dit is om hulle vrinde wat na hulle kom soek, in geleentheid te stel om hulle nuwe verblyfplek uit te vind en sodoende ook by hulle aan te sluit.
Omtrent hulle drinkwater is hul baie geheimsinnig. Hulle grawe ’n diep gat waar water is; dan steek hul ’n uitgeholde riet in die gat regop in, vul die gat met klippe op en bo-oor word grond gegooi, sodat net die bopunt van die riet kort bokant die grond uitsteek. Deur hierdie riet word die water opgesuig en gedrink. Wil hul water meeneem, dan suig hul water met hul mond op en ledig dit in ’n leë volstruiseierdop of in ’n leë springbokpens. Dus, as iemand water van ’n Boesman kry om te drink, moet hy nie altyd vra: “Hoe het jy die water geskep?” nie.
Om die drinkplek nog meer geheim te hou, trap hul nie ’n voetpad daarheen nie; maar die een met die kleinste voet loop voor, en dié met die grootste spoor loop agter. Algar trap in dieselfde spore, sodat ’n mens nooit seker kan wees hoeveel Boesmans daar geloop het nie. Ook word op hierdie manier nie ’n voetpad veroorsaak nie. Die volgende dag neem hul weer ’n ander koers.
As iemand hom vra om vir hom water te gaan haal—vir ’n stukkie tabak of vuurhoutjies is hy altyd gewillig—, [37]dan stap hy nie direk in die rigting van die water nie, maar slaan soms net die teenoorgestelde rigting in, loop dan tot hy uit die gesig is en loop dan met ’n ompad na die water toe. Met sy terugkoms doen hy net dieselfde, om nie te laat uitvind waar hy die water gekry het nie. Om vir hom te vra om die waterfontein of watergat te gaan wys, is net so goed as om ’n gierigaard te vra waar hy sy geld bêre. Dit doen hy om jagters uit sy jagveld weg te hou.
Sommige reisigers en jagters het putte in die dor streke gegrawe; maar sodra hul daar wegtrek, stop die Boesmans daardie drinkplekke met klippe weer toe en maak die holte weer effen met die oppervlakte van die grond—so gelyk asof daar nooit ’n put gewees het nie.
Boesmans noem die regterarm die manlike en die linkerarm die vroulike. So word in sommige gevalle die eerste lid van die regterhand se pinkie van ’n jongetjie afgesny en die linkerhand se pinkie van ’n meidjie. Dog met die deurboor van die ore geld hierdie reël nie juis altyd nie; want gaatjies word in albei ore gesteek. Dan gebeur dit ook dat ’n mooi meidjie—’n lelike na hulle beskouing nie—’n gat deur haar neus kry; want dit sou haar met ’n ringetjie daardeur nog mooier laat lyk.
Boesmans hou baie van musiek en dans. Die ramkie, gorra en ’n heel eenvoudige soort viool word vir musiek-maak gebruik. Die meide slag die vel van springbokore af en neem die binneste sagte, wit, beenagtige gedeelte. Dit vul hul met sand en laat dit so droog word. Daarop neem [38]hul die gedroogde oor, gooi daarin harde saadjies, naai dit toe en snoer die hele spul in. As dit geskud word, maak dit ’n geraas nes ’n droë blaas met klippies daarin. Die snoere word onder om die enkels van die mans vasgebind, sodat dit ’n geritsel kan maak as hulle hul voete teen die grond stamp.
Ook maak die meide ’n tamboer van ’n pot en afgehaarde springbokvel. Hulle bombardeer onder handgeklap daarop om die tyd en dansmaat aan te gee—vernaamlik as heuning oorvloedig is, of wanneer ’n uitstekend goeie jag gemaak is.
Om die vuur is drie kringe:—In die binneste brand die vuur, en daar word gebraai en geëet; in die twede kring word gedans en musiek gemaak; en die derde kring is die buitewêreld. Die feestelikheid word nooit die hele nag onderbreek nie: eet en dans, musiek-maak en sing hou nie op nie. Maar as die son hulle vang, dan voel hul poot-uit. Maar moenie praat hoe vuil en met stof hulle bedek is nie. By hierdie tyd het hul al die water droog gedrink en hulle woel die kinders uit om water te gaan haal. As die kinders terug is, en die ouers genoeg gedrink het, gooi hul hulle plat en slaap die hele dag deur. As daar nog iets oorgebly het om verder fees op te vier, dan word dieselfde ding van die vorige nag herhaal. Uit dit alles kan ons sien hoe gemaklik en plesierig die Boesman die wereld opneem: daar is geen bekommernis oor die dag van môre en die toekoms nie.
Hoeveel ’n Boesman kan opeet, is ons bang om te vertel; want ons is seker die lesers sal ons nie glo nie. Ons [39]sal maar sy geliefkoosde uitdrukking vir baie gebruik: nie min nie. Op die plaas Lemoenkop, langs Sakrivier, Calviniase distrik, het ons gesien dat ’n Boesman met sy huisgesin opgeëet het van voor sononder tot ’n ruk na sonop ’n springbok en ’n skaap wat hy as veewagter van sy baas, mnr. David Straus, ontvang het. Daardie ou Boesman se kraaltjie was maar ’n kort entjie van ons wa af, sodat nuuskierigheid ons af en toe daarheen gedrywe het. Ons kon toe ons eie oë haas nie glo nie.
Hulle maak net goeie velbreiers uit, en sommige kan net mooi velkarosse maak; vir gare gebruik hul die senings van diere.
Hulle het ook die gewoonte om hulle lyf soms met vet en rooi klei—as hul dit kan bekom—te smeer. In die spoelings van waterlope word ’n blink, metaalagtige sand aangetref; dit, met vet vermeng, smeer hul op hulle hare om dit in die son te laat glinster. [43]
OPMERKINGS:—In hierdie Verhaal deel ons mee hoeveel die Boesmans van godsdiens verstaan, en ons sal bemerk dat hul bedroef-weinig daarvan af weet.
Van ’n Opperwese, van ’n plek van Geluk of Straf het die Boesman totaal geen begrip nie. Sy uitgaande gedagte skyn te wees dat in die begin ’n ougeslag van Boesmans bestaan het—ander mense neem hy in hierdie opsig nie in aanmerking nie. Algar het maar hulle bestaan aan daardie ougeslag te danke. Hy ken die ougeslag as ’Chwe-’na-ssho-’ke, wat hul in enige dier, boom of mens kon verander.
In die begin was daar ’n skemering oor die hele aarde. Die son, maan en sterre het maar later eers ontstaan. In Deel I het ons gelees dat die son een van die ougeslag was, met ’n blink aangesig, dat die ander manne hom vermoor het, en dat die kinders, op las van hulle moeders, die kop van die son-man in die lug gegooi het, alwaar dit vandag nog is. Toe kom daar lig en warmte. Soggens kom die kop aan die oostekant op en soek na sy lyf, wat in ’n krap verander het, tot die aand toe, en gaan in die weste slaap, om weer die volgende môre—dag na dag—te ontwaak. Die son-man was in sy dae ’n groot jagter, towenaar en [44]man van gesag en krag, vir wie die ougeslag altyd groot ontsag gehad het.
Ook het ons verneem dat die maan die skoen van die Hotnotsgot is wat deur die Dwarrelwind (’n soort voël) die lug ingewaai het. Die son wou die maan daar nie hê nie—so skiet hy stukke van die maan af, tot die maan die fatsoen van ’n opgekrulde skoensool het. Die maan het water, wat die nagdou veroorsaak. Die holte van die gehoringde maan is die ontvangplek van die pasgesterwe mense. Namate die maan weer aangroei tot Vol Maan, word die lyke weer lewendig deur die krag van die maanwater; en soos die maan vol is en dan nie meer plek het vir die lewendig-geworde persone nie, dan daal daardie lewendig-geworde persone op die aarde neer en word lewendig keer op keer as hul sterwe—net soos die maan maand na maand lewendig word. Dus was die Dood in die begin maar ’n tydelike slaap.
Dog die Dood—om nie weer lewendig te word nie—is deur die Haas in die wêreld gekom. Die Haas was eers een van die ougeslag; hy sit oor die dood van sy moeder te huil. Toe die Maan vertel dat die Haas se moeder weer lewendig sou word, wou die Haas nie glo nie; toe gee die Maan hom ’n vuisslag op die lip, waardeur sy lip in twee bars, en verder sê die Maan: “Van nou af sal niemand weer lewendig word nie—net soos ek—, maar algar sal baie lank doodbly.” So het die Dood deur die Haas in die wêreld gekom. Hieruit het die bygeloof ontstaan dat daar ’n stukkie seningvleis in die bout van die Haas gebly het [45]wat nog altyd mensvleis gebly het; en daar Boesmans nie mensvreters is nie, eet hul daardie stukkie vleis nie.
Verder het ons gehoor van die Jongmeid van die ougeslag wat gloeiende as en kole in die lug opgegooi het, hoe die Wind dié hoog na bo opgewaai het waar daardie gloeiende as en brandende vuurkole die Melkweg (of Hemelstraat) en Sterre geword het en vandag nog daar is. Die Môrester is die hart van die Daeraad en die Aandster is die hart van die Aandskemering. Verder is die ander groot sterre lewendige wesens; ook die klein sterretjies lewe. Een groot ster het in ’n lied, of gesang, al die sterre name gegee. Die Boesmans het opgelet dat die sterre wat saans in die somer skyn, nie in die winteraande skyn nie; daarom is hul bly as die somersterre weer hulle verskyning maak; dan word gedans, gesing en stompe brandende vuur na die sterre gehou, sodat die sterre kan sien dat die Boesmans bly is as hul weer terugkom, naamlik dat hul nes die maan weer lewendig geword het. Ons het ook gelees hoe die Boesmans die sterre aanspreek of vereer met woorde van prys deur hulle as gelukkig en volop van kos en water te beskou. Die hou van vuur na die sterre is om hulle warm te maak, sodat hul ook met hul die somerwarmte kan meebring.
Daar die Boesmans van die beginsel uitgaan dat die ougeslag hulle in ander dinge kan verander, so is daar bepaald geen ewige dood nie. Alles leef en slaap maar vir ’n gesette tyd; hulle sal algar weer opstaan en weer lewe. Hieruit ontstaan die geloof in geeste en spoke, wat òf goed òf kwaad kan doen. [46]
Bepaalde afgode ken die Boesman nie—daarvoor is sy begrip van ’n godheid te deinsig. Dog hy voel die ingeskape hulpeloosheid van die mens: is hy swak, dan soek hy hoër krag, al is dit in towery; is hy sterk, dan voel hy om sy mag te behou, dat een sport hoër hom die hoogste op die leer of nog sterker as hy reeds is, sal maak. Hy voel hom magteloos teen ’n donderstorm of verskeurende ongedierte wat plotseling op hom aanval. Dus, hy soek na bo-natuurlike hulp. Die Boesman soek wel, maar stel geen bepaalde godheid in plaas van die gesogte iets nie. Nietemin, hy gevoel hom afhanklik van iets.
As ’n vername man onder hulle sterf, word oor die graf van daardie een ’n groot hoop klippe gepak, en daardie steenhoop word vereer terwille van die gees wat daarin woon.
’n Ou Boesman het ons vertel as hul iemand begrawe, dan word eers die “wegleggingsgebed” uitgespreek eer die lykstoet die graf verlaat; maar wat daardie “wegleggingsgebed” eintlik is, kon hy my nie te veel van vertel nie.
Die Boesman, as swerfling, het geen leidsliede of selfs geen priesters om eredienste waar te neem nie; publieke vergaderings en goed bygewoonde byeenkomste ken hy glad nie; hoe in die wêreld kan hul ’n grondige en verenigde opienie oor ’n seker leer of instelling hê? Iedereen se opienie verskil van sy naaste nes sy duimafdruk. Hulle het geen inboorlingskole soos die Kaffers nie, hulle het geen kerke van hulle eie nie—dus ook geen vaste godsdiens-stelsel nie. Maar tog, daar bestaan ’n seker nasionale begrip oor godsdiens, wat in geheel nie ontwikkel is nie. [47]In hierdie opsig is hul amper ’n siertjie vir die Kaffers voor, wat glad nie eens ’n woord vir God in hulle taal het nie—in Kaffer-Bybels word die Hottentot-woord Tixo vir God gebruik.
As ons van die Boesman se geloof praat, is dit amper beter om van sy bygeloof te spreek—hieraan is hy skatryk, soos ons verderaan kennis sal maak.
Daarom slaan hy so sterk geloof aan towery, wat hy beskou as die krag van ’n groot gees wat afstam uit die ougeslag, wat so alles kon doen.
Wie sal ons beter kan vertel as sendelinge watter moeite hulle het om ’n suiwer godsdiensbegrip aan die Boesman voor te stel? Dit, natuurlik, het ook iets te doen met die onverstaanbaarheid van die nasie. Al wat buite die jagveld geleë is, lê vir hom in ’n donker, mistige weer, en dit val hom swaar om dit meteens te vat.
Maar op die jagveld kan ons algar lesse by ’n Boesman gaan neem. Daar is hy vis in die water en stuurman aan die roer van sy verstand.
As ’n Boesman hom by die stene van ’n graf van ’n vriend of famielielid buig, aanbid hy nie juis die blote klippe en die graf aan nie, maar hy spreek met die gees van die afgestorwene. En hy is oortuig dat die gees in die graf hom hoor. [51]
OPMERKINGS:—In hierdie Verhaal vertel ons oor die baie bygelowe wat onder Boesmans bestaan. Dis so sterk by hulle ingewortel dat dit amper net soos ’n soort godsdiens kan beskou word.
In die Boesman se gedagte bestaan baie denkbeeldige diere wat bo-natuurlike bekwaamhede en eienskappe besit. Ons sal met die Groot Waterslang begin:
Die Groot Waterslang het ’n skitterende en fonkelende steen op sy kop en besit die mag om fonteine te laat vol word of te laat opdroog. Hy luister baie mooi na die Boesman-towenaars en volg die jagters onder die grond orals in die waterlose streke. Waar hy is, borrel die fonteine oor, of hy bring die water tot ná onder die oppervlakte van die grond, sodat die jagters net nodig het om ’n vlak gaatjie te grawe om volop water te hê. Dit is dan die gaatjies wat toegestop moet word, waaruit die water met ’n hol riet gesuig moet word. [52]
Sodra blank jagters die woesterny agter wild intrek, dan, al wat die Boesmans te doen het, is om met die Groot Waterslang te praat, en hy laat die sterkste fontein vlak voor die oë van die blankes opdroë, waardeur hulle verplig word om om te draai en nie verder wild meer te skiet nie. Ons het in Deel I reeds baie van hierdie Slang vertel en van alles wat hy kan doen.
Ons het ’n paar blank mense ontmoet wat voorgee dat hul sodanige Slang gesien het. Op ’n plaas in die Piketbergse distrik het ’n man ons ’n vaalgroen steen gewys wat hy beweer die Slangsteen te wees. Hy het nog verder gegaan en ons vertel dat persone deur slange gebyt daarmee deurgehaal is. Want dit word beweer dat as iemand deur ’n giftige slang gebyt is, en ’n mens plaas die steen in melk en daarna op die bytplek, dat die slanggif by die wond uitkook. Dit moet herhaal word deur die steen elke maal in die melk terug te plaas, dan weer op die wond te sit tot die gekook ophou. Ons het dit self nie gesien nie—dus laat ons die saak hier. Alleen kan ons beskrywe die steen wat aan ons in 1882 deur die heer Gert Visser, van Tierkloof, distrik Piketberg, getoon is.
Die steen is vaalgroen, ongeveer so groot as die voorlit van ’n vinger, en skyn van dierlike oorsprong te wees; maar dit kan ook iets anders wees. Dit voel nie swaar nie en vertoon amper nes die haarklip (asbestos) en besit die eienaardige glans van daardie gesteente, maar is glad nie ’n skitterende steen nie—soos die Boesmans beweer—, wat in die dag blink nes ’n ster en in die nag nes ’n kool vuur. Wel, dis soveel as ons van die affêre af weet. [53]
DIE GROOT WATERSLANG.
[55]
Van die Reënbees het ons ook reeds baie vertel. Hy is die reënmaker van die Boesmans. Dog, sover ons van hom weet, bestaan hy net in die gedagte van die Boesman. Stories word vertel dat hy hom kan verander in ’n Boesman en verlief word op die Boesmans. Soms verander hy hom in ’n koei en laat haar ewe geduldig melk. Sy woonplek is in seekoegate, en, net soos die seekoei, kom hy uit om op die lang gras onder die bome te wei. Waarskynlik is dié gedagte aan die seekoei self ontleen, dog in hulle tekeninge skilder hul hom af nes ’n os met horings.
Leeu, Tier, Wolf en Jakkals word ook voorgestel as afstammelinge van die ougeslag Boesmans. Vra ’n mens aan Boesmans hoe hul dit weet, dan antwoord hul met ’n weervraag: “Waar kom daardie goed se sterkte en krag dan vandaan?”
Die hart van die jakkals word nooit aan kinders gegee om te eet nie. Want ’n jakkals is baie bang en hol op die hoor van die geringste geritsel weg. As kinders die hart eet, word hul net sulke bangbroeke en hol dan weg as daar nog geen gevaar is nie.
Die Boesmans vind die gebrom van ’n volstruis mooier as die gebrul van ’n leeu. Daarom, as hul ’n volstruis skiet, dan moet hulle kinders die longe van die volstruis rou eet; want as hul die longe gaarmaak, dan verloor dié hulle eienskap om die kinders ’n harde stem te gee. Dit word by seker geleenthede gedoen.
Boesmans glo dat hul ’n uil kan betower en hom dan na die hutte kan stuur om daar te hoe-ho en die dood van [56]die ongewenste persoon aan te kondig. Gaan so een uit die hut om die uil weg te ja, dan val hy daarbuite op die plek morsdood. Die uil self word as ’n groot towenaar beskou en kan enigeen laat sterwe as hy daartoe lus het. Daarom, reken hul, is dit die beste om maar in die hut te bly as ’n uil buite in ’n boom skree.
As iemand ’n slang beseer, of selfs net die kop met ’n entjie lyf afbreek, dan kom daardie slang op die stuk (waar die kop nog lewendig aan sit) na die huis van die persoon wat die slang seergemaak het, hy steek hom daar êrens in ’n hoekie of in sy kooigoed of in sy velskoen weg, en lê daar klaar om die persoon dood te byt. Dit is ook ’n Hottentot-bygeloof.
Boesmans laat nie hulle kinders op vars springbokvelle speel nie, of hul mag nie die vars bloed of vleis aan ’n boog, pyl of pylkoker laat kom nie. Want dan trek die gees van die springbok in die kinders of in die eienaar van die pyl en boog, waar deur die springbokke in die veld vir sulke persone wild word en gee hul dan verder geen kans om naby te kom nie—hulle bly dan vir altyd ongelukkige springbokjagters; ook met skiet skeur die vleis van hulle duim en voorvinger af.
Uit eerbied vir die man se pyle, eet die meide nie die boblad van ’n springbok nie: ander parte kan sy maar eet.
Om reën te maak, slaan net meide met klippe op die grond, die Reënbees hoor die gestamp en laat dan reën deur donderweer op te roep. [57]
Paddas is die kinders van die Watergees. Hulle was vroeër jongmeide gewees wat deur die donderweer doodgeslaan is, of, liewers gesê, wat die weer met swaarweerstene doodgegooi het. Die Boesmans glo dat seker stene wat op die veld te vinde is, niks anders is as swaarweerstene wat van tyd tot tyd daar geval het.
Boesmans glo ook dat springbokke onsigbare pyle het, waarmee hul ’n mens onopgemerk kan skiet. Die pyle gaan binne in die lyf van ’n mens en maak hom siek; en as hy siek is, dan skiet hy altyd mis.
Persone wat hul op die jag toelê om altyd raak te skiet, moet by voorkeur die vleis eet van diere wat mak is en wat stadig hol. Want as hy altyd springbokvleis eet, dan gebruik hy vleis van ’n dier wat baie vinnig hol. Die springbokke is vir so een baie wild. Maar eet hy die vleis van ’n dier wat langsaam hardloop, dan word die springbokke vir hom ook mak en laat hom naby hulle kom. Die springbok is ’n dier wat snags nie slaap nie—dus as die jagter net sy vleis alleen eet, dan gaan die gensbokke en hartbeeste ook nie snags slaap nie en bly dan vir daardie jagter net so wild as springbokke, deur net so rond te vlug.
Wanneer ’n slang by ’n graf gesien word, dan moet hy gerespekteer en nie doodgemaak word nie; want hy bring goeie tyding van die een wat daar begrawe lê, of hy bring goeie tyding aan die gees van daardie afgestorwe persoon.
Ons het reeds tevore genoeg van die Hamerkop (-voël) vertel en sal dus hier nie herhaal wat ons reeds meegedeel het nie. [58]
Sulke diere as hierbo genoem, word hoog deur die Boesmans gerespekteer, naamlik by die geleenthede soos ons vertel het; dog as die gevaar daar is, moet hul maar net so goed verbydraf as die swakste goggatjie. Honger en dors sal nooit vir ’n Boesman wette kan voorskrywe nie; hy volg die natuurwet na: Eers ek, en dan ’n ander. [61]
OPMERKINGS:—In hierdie Verhaal sal ons nog meer vertel oor die bygelofies van Boesmans.
Die Boesman het groot ontsag vir onweer, wind en storms, selfs vir enige ding wat daarmee in verband staan. Hy gevoel hom dan, nes enige skepsel in sulke tye, bepaald hulpeloos. Iemand wat die weer, wind of storms uitskel of met minagting behandel, bedryf ’n groot kwaad. Hy glo dat die donderweer ’n mens met klippe kan doodgooi. As die blitse straf is, dan moet iemand na die weerlig kyk, en sy oë blink nes die weerlig self, en dan sal die ligstraal eerbied kry vir die oë van die persoon wat na die lig kyk en hom dan nie doodslaan nie.
Die wind word deur ’n voël, Windvoël, met sy vlerke en geblaas gemaak. As iemand na die Windvoël met klippe, kieries of sand gooi, of met pyle na hom skiet, dan maak hy daardie voël kwaad, en die maker van die wind laat ’n windstorm opkom om alles te verwoes en uitmekaar te pluk.
Paddastoele en ander swamgewasse is kinders van die reën. As iemand hul uittrek, moet hy hul nie rondsmyt nie, maar saggies neersit, anders word die reën kwaad [62]en roep ’n geweldige storm op, wat alles laat verspoel en verwoes. Sulke dinge moet gerespekteer word om die veiligheid te bewaar.
As iemand onverskillig musiek maak as dit donderweer is, word hy bestraf; hou hy dan nog aan met speel, dan gooi die weer hom met die weerlig of ’n swaarweersteen dood.
As Boesmans ontslae wil raak van die slegte gevolge van drome, dan soek hul ’n klip so groot as hulle vuis, hul hou dit in hulle hand, praat daarmee en vertel die slegte drome wat hul in die nag gehad het, aan die klip. Hulle blaas dan hulle asem op die klip en steek dit gou onder die warm as en kole in, sodat die drome moet verbrand. Doen hul dit nie, dan gaan die slegte drome mee na die veld en gaan alles aan die wild, Boesman-rys en veldkos vertel, sodat die dromer dit maar sleg in die veld moet aantref, en die persoon kom teleurgesteld huis-toe. Maar is die drome verbrand, dan is die jag maar net soos ander dae.
Boesmans hou nie daarvan om met kos te speel nie—daarom maak hy die kleintjies van wild dood, sodat die kinders daarmee nie kan speel nie. Hy glo as sy kinders met die kleintjies van diere speel—nes die kinders van katte doen—, dan verander hul ook in wilde-katte—dus, sodra hy sy kind met ’n voëltjie of klein diertjie sien speel, gelas hy sy kind om die dingetjie op die daad dood te maak.
Vir spoke is hy baie bang. Naby ’n begraafplaas kry ’n mens hom nie in die donker nie. As hy meen dat hy [63]’n spook sien, trek hy ’n bossie uit, laat dit met die wortels na bo staan en hol dan weg so hard as hy kan. Hy vertel as die spook ’n bossie onderstebo sien staan, dan verbeel hy hom dat die bossie so gegroei het. Hy bly dan daar staan en verwonder hom hoe die bossie so kan groei. As daar ’n windjie kom en die bossie omstoot, woerts! spring die spook weg en is weer by die een wat die bossie onderstebo geplant het; want hy sien dis maar alles foppery.
As ’n ster verskiet—vernaamlik as dit ’n lang ligtrein agterlaat—, dan meen die Boesmans dat ’n bekende of ’n vriend sterf; die ster wys aan waar die persoon woon, en gewoonlik is dit iemand van wie hul lank nie tyding gekry het nie. Met verneem kry hul die slegte tyding ’n paar dae daarna. [67]
OPMERKINGS:—In hierdie Verhaal sal ons die Boesman in sy verskillende kunsbedrywe volg.
Onder die ander inboorlinge van Suid-Afrika hoef die Boesman as kunstenaar glad nie ’n duim agteruit te staan nie. Vereers is hy ’n skilder en tekenaar na sy eie kultuur, wat die ander nie is nie. Hierin het hy ’n beter begrip as baie ou nasies van deursigkunde—dit wil sê, om voorwerpe op ’n tekening op verskillende afstande voor te stel. Sy aftekeninge bestaan uit skilderstukke en inkrapsels op rotse en word deur die kunswêreld baie bewonder. Gewoonlik skilder hy die Boesmans met rooi of bruin klei af, blank mense met wit klei en Kaffers met swart verf van roet gemaak. Sy inkrap-, of graveerwerk, word op harde rotse met vuursteen uitgevoer. Hy gee hierin die voorkeur aan die groot vaste rotse wat inwendig grys is en wat buite-op met ’n swart, blink nerf verglans is. Deur die nerf deur te krap met ’n skerp vuursteen word die grys gedeelte van die rots sigbaar en bly so vir honderde jare in goeie staat van bewaring.
Iets wat ons tref in die afbeeldinge van Boesmans, is dat hul die fatsoen van die liggaam van ’n dier taamlik getrou kan afteken, sodat daaromtrent geen twyfel kan [68]bestaan nie; maar die bene en horings is altyd na verhouding te dun; ook skyn hy hom nie te baie oor die oë en die mond te bekommer nie. Hy verstaan die kuns taamlik goed om ’n mens of dier in staat van rus of beweging voor te stel; dit vereis natuurlik ’n seker mate van noukeurige oplettendheid om waar te neem hoedanig so een sy ledemate hou of buig. Sommige van sy afbeeldings duie duidelik aan dat die tekenaar of skilder ’n regte besef besit van lig en skaduwee om die deel verhewe of ingeduik voor te stel; hierdie kennis kom duideliker in sy inkrapwerk uit. Op die plaas Middel-Hoek-van-Spruit, aan Visrivier, distrik Calvinia, het ons mooi graveerwerk op die blink rotse aangetref; die heer Schalk van der Merwe, eienaar van die plaas, was so vriendelik om in 1882 ons aandag op daardie inkrapwerk te vestig.
Die Boesmans is baie gek na dans; en vir dans moet daar musiek gemaak word, anders verloor so ’n verrigting baie van sy aantreklikheid. Ook as ’n danser of danseres neem die Boesman die voorrang onder die Afrikaanse inboorlingrasse in. Op die Europese toneel is daar min toneeldansers wat ’n Boesman in ’n riel sal uitstof—hy is met sy voete net so rats as met sy hande, en met die kronkelinge van sy liggaam is hy amper so knap as ’n slang.
Vir die dans is musiek nodig; ook hierin vat die Boesman die voortou by die ander inboorlinge. Sy musiek is glad nie van die beste nie en is maar bra eentonig, dog altyd van ’n vrolike aard en bestaan meestal uit riele, waarvan nogal ’n taamlike verskeidenheid bestaan. [69]
BOESMAN-KUNSTENAAR AAN SKILDER.
Dan tref ons digters onder hulle aan wat die natuurklanke getrou kan naboots. Daar ’n Boesman dit haas onmoontlik vind om iets uit sy kop te leer, is dit maklik om te begryp dat hy nie in staat is om ’n lang rym of digstuk uit te dink en agtermekaar te rangskik nie. Sy beryminge strek hul nie veel verder uit as die klanke wat hulle naboots nie. Hulle rek dit egter uit om reëls oor en oor te herhaal. Op hierdie manier kan hul samevallende gedagtes taamlik uitrek. Dit op sigself is ook ’n middel om die gedig of rym te onthou. Dis jammer dat sulke voortbrengsels al hulle [70]krag by vertaling verloor, anders kan ons enige daarvan weergee; maar die stukkies sal soos kaf lees.
As klugspeler is die Boesman nogal heel vermaaklik. Ofskoon hy glad nie so gevat is as die Hottentot nie, tog kan die Hottentot nie die hansworsstreke so knap uitvoer as die Boesman nie. Die naboots en namaak van diere of persone voer hy onverbeterlik uit—so moet ons hom hier ook as die vernaamste gebarespeler onder die inboorlinge beskou.
Om die spore van mens of dier oor die hardste en steenagtigste grond of veld te vind, is hy bepaald ’n kunstenaar of ’n deskundige: die geringste verskuiwinkie ontglip sy oplettendheid nie. Hy sal selfs kan vertel hoe lank gelede dit is dat die wandelaar of dier daar gewees het. Dis wonderlik om te bedink hoe dom Boesmans in een opsig is en hoe skrander in ander gevalle. [73]
OPMERKINGS:—In hierdie Verhaal ontmoet ons die Boesman op sy regte plek. Ons kan nie glo dat enige nasie hom op hierdie gebied kan verslaan nie. Sy planne by die jag is onbegryplik fyn en skrander. Iemand wat ’n Boesman nog nie in die veld sien jag het nie, kan hom daarvan geen denkbeeld vorm nie.
Een voordeel besit die Boesman as jagter: hy is klein van persoon en besit ’n paar oë om ver en raak te sien soos nog geen ander menseras hom op kan beroem nie. Ook sy geelbruin kleur is tot sy voordeel; want dit verskil min met die omgewing van die veld waarin hy sy lewensbestaan moet soek. Van natuur is hy deur al die eeue heen so gehard dat dit baie vermoeienis vereis om sy kragte uit te put—hierin kom sy ligte liggaamsbou hom ook tot hulp. Sy uithoudingsvermoë teen honger en dors, hitte en koue en die grootste ongeriewe oortref ons verstand.
Sy ingeskape oplettendheid is sy onfeilbare gids. Sy soekende oog is wakkerder as dié van die wakkerste jaghond. Hy het lankal opgelet dat wild teen die wind op wei en dat wanneer hul verskrik word, hul teen die windkoers trag te ontvlug. Wel, dit weet die ander jagters [74]ook; maar wat hy verder ag op geslaan het, is dat as wild twee stompe hout gekruis oor mekaar sien lê, of ’n bos met sy wortels na bo sien staan, of volstruisvere aan ’n stok gebind in die grond geplant, bemerk, of soiets gewaar, dat hul dan nie so na aan daardie plekke wei nie, maar sulke tekens op ’n afstand vermy. Ds. Rorich vertel:
“Gewaar die Boesman dat wild op ’n ver afstand wei, dan berei hy sy jagveld deur twee rye van sulke tekens te maak. Die twee rye is so ver van mekaar dat die wild tussen hul kan opwei. Is alles in gereedheid gebring, dan gaan die jagters tussen die twee rye van tekens gate in die grond grawe, waarin hul plat gaan lê, sodat die wild hul nie kan gewaar nie. Ander Boesmans, ook sommige van die meide, stap in ’n bepaalde rigting om die wild, sonder hul skrik te maak, na die jagters aan te keer. Hierdie verrigting vereis baie oefening en oplettendheid. Die aandrywers vertoon hul op ’n afstand, sodat die wild genoodsaak word om in die rigting te wei waar die jagters vir hulle klaarlê. As ’n mens sien hoe knap dit uitgevoer word, staan sy verstand amper stil.
Wei-wei kom die wild nader tot hul tussen die twee rye tekens is. Die jagters wag tot algar ’n kans het of ’n kans kan kry. Uit hulle wegkruipplekke vlie een pyl na die ander sonder gedruis deur die lug en tref sy mikpunt. Die wild sien hoe van hulle maats spring en spartel—so neem hul die vlug, dog verskeie van hulle het in die slag gebly en val in die hande van die skrander jagters. Ieder man se pyle is gemerk—dus weet hy watter bok hy vir hom moet toeëien. [75]
BOESMANS BEKRUIP SPRINGBOKKE.
[77]
Hierdie plan van aanval is nie die enigste kunsgreep waarmee Boesmans hul bedien nie. Dr. Bleek vertel ons van ander planne, wat in sy boek te vinde is.
Die springbok is die moeilikste wild om onder pylskot te kry—so moet vir hom baie fyn planne gemaak word. So is die jagter verplig om hom op een of ander manier te vermom en op ’n baie skelm manier weg te kruip.
Boesmans maak wat bekruipmusse genoem word; verder vermom hy sy liggaam met vasbind van bossies om sy liggaamsdele, sodat hy presies nes ’n bossie lyk. Daar wild fyn van ruik is, moet hy die windkoers waarneem om altyd onderkant of dwars teen die wind te bly; want kry die wild die ruik van sy vyand, dan neem hy die vlug.
Verder bedien hy hom van die velle van wild om dié om sy liggaam te trek. So neem hy die afgeslagte vel van ’n volstruis en gord dit om sy lyf; in die nek steek hy ’n stok, met sy hand kan hy die nek na die grond toe laat sak of oplig—net soos ’n volstruis doen as hy wei. In dié houding kom hy nader en nader tot hy die voëls of wild onder pylskot het. Dog dit alles moet op ’n handige manier uitgevoer word, daar wild ewe oplettend as sy vyande is; word die plan onhandig uitgevoer, dan ontdek die wild die bedrogspel en neem die vlug. So kan ons goed verstaan hoe die kinders in die ledige ure geoefen word om sulke bedrywe knaphandig uit te voer. Dit leer hul as hul nog jonk is.
Daar die Boesman so gehard is en so baie vermoeienis kan trotseer, so weet hy om hiervan gebruik te maak om [78]sy uithoudingsvermoë te meet teen diere wat nie water drink nie. Die springbok en die haas behoort tot sulke diere. In tyd van droogte besit die plante nie baie sappe nie—dus as sulke diere op die warmste van die dag vermoei word, kry hul gou dors en raak dus kapot en gee in as die druk te sterk op hulle kom. Dit alles verstaan die Boesman; hy sorg dat hy water by hom het en begin sy agtervolgingshardloop na hy ’n seker bok vir hom uitgekies het. Hy agtervolg die bok op die warmste van die dag. Hy het die voordeel om soms ’n korter pad te hol as die bok met ’n draai loop. Sodra die bok mislik word en tekens daarvan gee, weet die Boesman dat die dier nou ingee. Spoedig oormeester hy sy stuk wild—maar praat nie van sy eie vermoeienis nie. Watter mens sal dit nog vir ’n Boesman nadoen? ’n Haas is makliker om op hierdie manier baas te raak, dog ons, witmense, kan hierdie plan vir uitvoer maar uit ons kop laat.
Vangstrik vir Voëls.
Vir voëls word wippe en strikke van allerlei soorte gestel, ook bedien hul vir hulle van die maak van vanggate deur ’n diep gat in die grond te grawe, dit met latte, gras en grond te oordek; dus, as ’n dier daarop trap, val hy binne-in. [79]
Meerkatte word gevang deur ’n ent van die gate af te gaan lê; sodra die meerkatte gaan wei en op ’n afstand in die veld is, bestorm die Boesmans die gate, stop algar behalwe een toe, dan gee hul effe pad; die meerkatte bestorm die gate en wil by die een gat in, alwaar hul gevang word.
JAG OP MEERKATTE.
[83]
OPMERKINGS:—In hierdie Verhaal maak ons kennis met ’n gevaarlike vyand, wat geen genade vra nòg genade verleen nie.
Een van die oorsake dat die Boesman-nasies so uitgedun is, is omdat hy die lewe van sy vyande nie spaar nie; hyself, as hy in die hande van sy teëparty val, smeek ook nie om genade nie en verwag om maar die dood te sterwe.
Wat hom so ’n gevaarlike teëstander maak, is sy gevaarlike gifpyle: ’n skrapie aan die liggaam deur een daarvan veroorsaak, beteken gewisse dood, tensy ’n teëmiddel vir die gif by die hand is. Dan kom nog daarby dat ’n Boesman nooit sy teëstander op die oop vlakte uit die vry vuis ontmoet nie, en dat hy so kan wegkruip en hom so kan versteek dat hy totaal onsigbaar is vanwaar die gifpyle sy boog verlaat, en misskiet is amper onmoontlik vir hom. Want hy waag nooit ’n skot nie of hy moet seker wees dat dit raak sal wees.
Ook ’n Boesman sal nooit weerstand bied as hy nie tevore ’n veilige plek vir hom uitgekies het nie. Daarvoor sorg hy altoos. Reeds ver het sy skerp oog sy teëparty sien nader; en as daardie een sy aanval begin, dan het die [84]Boesman lankal sy posiesie ingeneem. Nou kan iemand hom voorstel watter kanse daar bestaan om Boesmans in berg- of rantveld op die lyf te loop; want hy kan wegkruip beter as enige dier dit kan doen.
Ofskoon die Boesman die witman met jagplanne ver uitstof, is die witman tog sy moses om krygsplanne te maak—dis te sê, as die Boesman nie meer agteruit of vooruit kan nie. Maar solank dit nog nie die geval is nie, dan is dit makliker om ’n voël in die lug te vang as ’n Boesman in die berge of tussen skurwe rantjies.
Die eerste wat die teëstander aan dink, is om hom teen die gifpyle te beskerm. Hiervoor word verskeie planne by die hand geneem. Een is om harde, rou beesvelle vir skilde te gebruik: stokke word aan die vel gebind om dit stewig te maak en daarmee te dra. In die vel word smal skietgate gesny—net dat die tromp van die roer daardeur kan en dat bo nog ’n smal skrefie is om deur te loer om korrel te hou. Selfs hierdie skietgat is gevaarlik. ’n Ander persoon of ander persone as die skut is die skilddraer om die skild versigtig voorwaarts te dra. Dan, ’n vel moet dik en sterk wees as hy bestand is teen die skerppuntbeenpyle: so ’n pyl kan ’n dun vel gemaklik deurboor, en die Boesman weet waar te mik, daar die een wat hom bespied, noodwendig voor die skietgat moet staan om te loer. In sulke gevalle word dubbele velle gebruik.
Beeste word tussen Boesmans en hulle aanvallers geja om hulle onder skot te kry.
Het die skuts geen velle meegebring nie, dan word groot bosse latte of gras styf vasgebind, en die skut rol dit voor hom uit; maar dit is maar ’n gevaarlike onderneming; [87]want die skut moet sy kop oor die bondel en daarlangs uitsteek om korrel te vat, en dan het die Boesman al lankal sy korrel geneem. Om te beproef of dit gewaag is om die kop agter die bondel uit te steek, probeer die skut eers om sy hoed op ’n stokkie uit te lig; sodra die hoed sigbaar word, vlie daar pyle deur; dit herhaal hy om die Boesmans hulle pyle te laat vermors. Dog as die Boesmans sien dat die hoed steeds sy verskyning maak, weet hulle somar dat dit ’n foppery is; want sy skerp oog het die pyl deur die hoed sien gaan en sy fyn gehoor het die pyl hoor klap. So spaar hy verder sy pyle, en al hou hy net een pyl oor, dan nog is hy net so gevaarlik asof hy met ’n koker vol pyle sit. En glo daardie een pyl gaan hy nie somar vermors nie: hy hou dit as dit ’n kwessie van lewe of dood word.
Soms gebruik die geweerskuts ’n ander krygslis deur ’n klomp beeste tussen hul en die Boesmans vas te keer. Op hierdie manier kan hul vir hulle agter die beeste wegsteek en rondskuif, sodat dit vir die Boesmans moeilik word om presies te weet agter watter beeste die geweerskuts is. Op so ’n wyse kry die aanvallers beter kanse om op die plekke te skiet vanwaar die pyle kom. As die son laag sit, kan ’n mens die pyle teen die son verby sien trek, dog as die son hoog in die lug is, dan is soiets haas onmoontlik; dus is die kuns ook om uit te vind van watter plekke die pyle kom.
Dit gebeur soms dat Boesmans hulle veediefstalle op die oop veld voortsit, en dat hul op die kaal vlakte ingehaal [88]word. In sulke gevalle het hul hulle agtervolgers ver sien aankom en maak dan gate in die grond om ’n verdedigende houding aan te neem. En daar is hul net so gevaarlik om uit te haal as in die kliprantjies. Want solank hulle agtervolgers nie onder pylskot is nie, sal die Boesmans geen geleentheid aanbied om een roerskot op hulle af te vuur nie. En kom die agtervolgers onder pylskot, dan weet ons wat dit beteken.
Met Kaffers is die geval anders. Hulle kry orders om die verskansings van die Boesmans lewendig of gewond te bestorm. Wie val, val—maar vir die Boesmans moet hul gaan doodsteek. Kafferhoofde gee geen rep om omtrent die lewe van hulle krygsvolk nie; so het by voorbeeld die Soeloekoning Tjaka orders aan sy krygsvolk gegee om ongewapend ’n leeu te gaan vang en dit lewendig by hom in die kraal te bring. Hoeveel Kaffers so ’n leeu eers doodbyt voor hul hom in hande het, is hom onverskillig. Dog hul moet hom lewendig bring.
Wat die Hottentotte betref, is hul amper net so gevaarlik om teen te veg—dus is dit te begryp dat die twee partye—Boesmans teen Hottentotte—taamlik onder mekaar gemaai het. Hierdie voordeel het die Hottentotte aan hulle kant: hulle is beter georganiseer en kan dus met groter mag gesamentlik optree. [91]
OPMERKINGS:—In hierdie Verhaal sal ons bemerk dat die Boesman vir seker eise deur die beskawing gevorder gebruik kan word en nie so onbekwaam is nie.
Die Boesman na alles is nie die onnut waarvoor sommige mense hom uitmaak nie. Eendag sê ’n man aan ons: “Arrie, ’n Boesman kan ’n mens baie ergernis aandoen, maar die dag as jy hom nie het nie, dan mis jy hom darem.”
Boesmans wat in die wildernis onder ’n vrye lug en in ’n vrye natuur gebore en opgegroei is, laat hul nie so gemaklik deur die koorde van beskawing bind nie. Dog daar is baie gevalle waar die oues op boerplase vir lang tye gewoon het. Op hierdie manier het hulle kinders nie aan ’n uitsluitende jaglewe gewend geraak nie; hulle was meer tembaar en het vrywillig in huur by die grensboere gegaan. Hulle geldelike loon was nie om van te praat nie, solank hul volop kos en die nodige kry. Twee tot drie skape en twee skepels meel met nog tabak, velskoensool, ou klere en velle daarby, is sy maandelikse rantsoen. As skaapwagter het hy genoeg geleentheid om wild te skiet en veldkos te versamel; want dit laat hy tog nie agterbly nie, al ontvang hy oorgenoeg. [92]
Onder hulle word nogal getroue skepsels aangetref—maar dan moet die baas van hulle nie meteens beskaafde mense wil maak nie.
Mnr. Jan Gey (van Pitius) het ons vertel dat hy met vee op die grense van die Kalaharie geboer het. Hy laat sy skape onder die sorg van sy Boesmans. As hy terugkom, het hul altyd getrou rekenskap van die verlore vee kon verskaf. Hy het ons die versekering gegee dat die skepsels hom volkome voldoening gegee het. Hy het gesorg dat as ’n Boesman ’n seker leeftyd—nog maar jonk—bereik het, dat hy ’n vrou kry, met wie hy ewe gelukkig saamwoon deur vir haar goed te sorg. Hy beskou dat as huislike verantwoording op ’n Boesman rus, hy langer bly, daar sy vrou liewers ’n stiller lewe wil voer as om in die woeste met haar kinders rond te swerf.
Dis wonderlik hoe verdol gek hul na die gebruik van tabak en sterk drank word. Vir ’n pruimpie tabak sal ’n Boesman ver uit sy pad gaan. Ons weet van gevalle in wyndistrikte waarheen hul getrek het en waar hul vry vir hulle geld drank by die kantiene kan koop, dat daar amper geen maand omgaan nie of hulle staan voor die magistraat vir dronkenskap tereg—dis te sê as hul daardie maand nie reeds in die tronk opgesluit was nie. Hoe sterker tabak, hoe beter vir ’n Boesman. Die baas koop gewoonlik die sterkste kwaliteit wat hy kan kry, en dan is dit nog te flou vir jong of meid. Want in die huurkontrak is geen hoeveelheid tabak bepaal nie—net soos dit op is, dan kom jong of meid weer meer vra. Met sterk tabak kom hul natuurlik langer uit. [93]
Winkelklere hou vir ’n Boesman nie te lank nie. Hy dink nie altyd daaraan om vir doringbossies pad te gee nie. Daarom sien sy klere meestal daar uit of hy onder die honde deurgedraf het—regmaak of lap is net verniet.
As veewagter is hy baie oplettend. Onder die grootste klomp skape sal nie ’n vreemde een kom nie, of hy merk dit dadelik op. As een van die trop siekerig voel, dadelik kan hy dit sien. Hy is baie gek na honde om vir hom te jag—so neem hy altyd ’n hond met hom veld-toe—dis te sê as hy een het of kan kry.
Maar ook vir plaaswerk van ’n ligte aard is hy ook handig. Hy is ’n voortreflike perderuiter, en met ploeë is hy ook handig—sowel leier as ploegsterthouer.
Dog een ding moet die baas goed na oplet, en dit is om ’n Boesman sy volle rantsoen te gee en niks meer nie; want as sy baas hom soveel kos wil gee as hy kan opeet, dan het hy daardie dag geen diens van hom nie—hy wil dan niks anders doen as net slaap nie. Kry hy weer te min kos, dan steel hy. Daarom, gee hom net ’n seker taks; want by eet en drink het dié nasie geen maat nie.
Deur hulle van kleins af te oefen, kan ’n mens hul leer om sindelik en skoon te wees. Ons het Boesman-aias gesien wat so netjies op hulle klere is as ’n meid kan dink om te wees. [97]
OPMERKINGS:—Die inhoud van hierdie Verhaal ontleen ons grotendeels aan dr. Bleek se boek “Bushmen Folklore.”
As iets gaan gebeur, dan kan Boesmans dit aan die trek van hulle vleis of ’n gekriewel op hulle vel voel en voorspel wat hy te wagte kan wees—ten minste so vertel die Boesmans. Hulle sê dat die getrek of kloppens in hulle vleis hulle briewe is wat die tyding kom bring. As sulke tekens in sy liggaam begin te roer, dan maak die persoon die ander geselskap stil en hyself praat verder geen woord nie. ’n Droom is iets wat onwaarheid vertel; maar die geklop van die liggaam nie: op hierdie manier kom hy aan sy vleis van wild. Ook kan hy voel as daar mense en besoekers vir hom aankom.
As die eeld van ’n ou wond klop, dan is dit die teken dat daardie een se vader aan kom is. Dan roep hy sy kinders en sê: “Loop kyk of oupa nie aankom nie.”
Die kinders gaan kyk en kom terug met die boodskap: “Daar kom iemand aan.”
Waarop hulle pa sê: “Loop kyk of dit nie julle oupa is nie; want dis die merk van ’n ou wond wat klop, en julle wil my mos nooit glo as ek julle dinge vooruitvertel nie.” [98]
As die een weer ’n geklop aan sy ribbe voel, dan roep hy die kinders en sê: “Ek voel dat springbokke aan kom is; want hulle bruin harestrepe op hulle ribbe laat die vleis van my ribbe trek. Toe, klim op die Brinkkop uit, kyk rond of julle nie springbokke tussen die bome sien nie; want hulle steek hul graag tussen hoë bome en in hol rivierbeddings weg.”
’n Ander man roep uit: “Ja, toe, kinders, loop kyk!”
As ’n Boesman ’n gekriewel in die waai van sy bene of aan sy kuit voel, dan is dit ’n teken van bloed van wild wat langs sy bene sal afstroom. So weet hy dat hy vandag gaan springbokke skiet en dat hulle bloed met huis-toe dra langs sy bene sal aftap.
As hy ’n gekriewel agter sy rug voel, dan is dit die hare van die springbok wat hy op sy rug huis-toe sal dra en ook die bloed van die bok wat hy dra.
Die ander Boesmans stem in en sê: “Ja, broer, jy praat reg.”
As hul ’n gevoel in hulle voete kry, dan sê die een: “Hier kom springbokke aan: ek kan voel hoe hul met hulle voete trap en die bossies laat kraak.”
As hul ’n gevoel op hulle kop kry, dan sê een: “Ek voel hoe ons die horings van die springbok gaan afkap.”
Voel hul ’n gekriewel op hulle wang, dan beteken dit die swart strepe wat op die gesig van ’n springbok is.
As hul ’n gevoel in die oë kry, dan beteken dit die swart kolle wat bo die oë van ’n springbok is. [99]
Vir ’n volstruis is die gevoel ’n gekriewel op die kop; dit beteken die goggas wat op ’n volstruis se lyf rondkruip.
In die middel van die dag gaan die Boesmans gewoonlik hulle middagrus neem. Hulle lê in die koelte. Dis daarom dat die wild dink: “Nou slaap die Boesmans—daarom sal ons maar naby gaan.”
Maar as iemand die gekriewel of kloppens of getrek in sy liggaam voel, dan vertel hy dit aan die ander volk wat daar by hom lê; dan slaap hul nie en stuur die kinders om daar ver in die skaduwee van ander bome te lê om te kyk of hul nie wild sien aankom nie. Sodra die kinders wild gewaar, dan wink hul met hulle hande en wys na die plek waar hul die wild sien. Want al die tyd het die oues die kinders in die oog gehou om te kyk of hul nie met die hande sal wys nie: roep en skree mag hul nie.
Op die daad spring die jagters op, gryp hulle boë en pylkokers en gaan skuil-skuil veld-in om die wild te gaan voorlê. Wanneer die bokke onder skot is, dan fluit die pyle op hul. En algar bedank die een wat die voorgevoel gehad het. [103]
OPMERKINGS:—Om van die Boesman te vertel so veel as belangrik is, deel ons mee wat ander in die Geskiedenis opgeteken het; en ons is aan dr. Theal baie van hierdie informasie verskuldig.
Die Denkvermoë van ’n Boesman, in die algemeen, gaan nie baie verder as dié van ’n blank kind van ses of sewe jaar oud nie. Maar om fyn jag- en diefstal-planne te maak, kan die slimste witman by ’n Boesman gaan les neem. Hy het nie ’n naam in sy taal vir ’n getal hoër as twee nie: as hy drie beduie, sê hy daar is een en twee; vir vier sê hy daar is twee en twee; en so sukkel hy aan. Om die getal van wild aan te gee, sê hy twee en een wei met hulle kop soontoe, twee staan met hul kop sonop-toe, twee lê en een staan onder ’n boom.
Maar met dit alles is hy tog ’n tekenaar wat kunstige prentjies op die rotse kan afskilder, of met ’n harde klip [104]daarop inkrap. Nou, ou Ruiter, ’n geslepe ou Boesman, het ons verseker dat die meeste van die prentjies en inkrappings briewe is—ander is somar tekeninge. Nou, as daardie prentjies briewe is, dan is hul van ’n soort soos kinders aan mekaar in die begin van hulle skooljare skrywe.
Nou, die ou Egiptenare het ook ’n manier gehad om in tekenskrif te skrywe. Maar die ou Egiptenaar was ’n hoog ontwikkelde man, en dus kan ons van sy verhale meer as dié van Boesmans verwag en notiesie neem.
Al vertel die Boesman se tekeninge nie hulle ou geskiedenis nie, dan het dié vir ons tog groot waarde om aan te toon waar die ou dwergnasie orals rondgeswerf en gewoon het; ook kan ons daaruit leer of hulle ooit in beskawing gevorder het.
Dan kom nog hierby dat die Boesmans steengereedskappe vervaardig het—van ’n seker soort wat maklik uit dié van ander ou volke te ken is—, en dit bring ons ook op die spoor om die ou verblyfplekke van die Boesman uit te ken en te ondersoek.
Nou laat ons luister na wat die ou geskiedenis ons verder oor ou nasies vertel.
Ons het reeds geluister na hoe die Farao’s van Egipte ’n dwergnasie geken het wat so lekker kon dans, en dat die Boesmans in daardie tyd uit die middel van Afrika moes gehaal word, terwyl baie honderde jare voor die Farao’s die dwergnasie oor die noorde van Afrika en in [105]Egipte te vinde was. Want hulle steengereedskappe en skilderye is op verskeie plekke te vinde en te sien.
Nou vra ons: Wat is hier in Suid-Afrika te sien om aan te toon dat vir honderde jare voor die blankes hier gekom het, hier ’n menssoort gewoon het wat die gewoontes en lewensaard gehad het wat die teenswoordiges besit? In die eerste plaas, oor Suid-Afrika is vandag te vinde Boesmangereedskap. En wat die wonderlikste daarvan is, is dat hierdie gereedskap net soos dié lyk wat tot in Suid-Europa te vinde is. Die gelykenis is so sterk dat as ons van hierdie gereedskappe neem en dié deurmekaarmaak met die steengereedskappe van Suid-Europa, dit net ’n bekwame deskundige vereis om te sê watter is watter. Ook die tekeninge is so te sê een en dieselfde wat hier en oor Noordelike en Middel-Afrika aangetref word. Watter ander gevolg moet ons hieroor vel as dat die Boesman die oorspronklike bewoner en baas van heel Afrika was? Want van ander ou nasies is hier geen spoor of klou te vinde nie.
Nie alleen word die gereedskappe hier aangetref nie, maar selfs die ou werkplekke waar die toestelle gemaak is. Dit blyk dat die vuursteen waaruit die dinge vervaardig is, van baie ver aangedra is.
In die jaar 1884 ontmoet ons ’n baie ou Boesman wat naby Chrissiesmeer, Transvaal, gewoon het. Hy het by hom ’n ouderwetse stuk klipgereedskap gehad. Na ons dit bekyk het en sien dat dit die sogenaamde spieslem (of asgaailem) is, vra ons hom wat die Boesmans met so ’n [106]tamaai asgaaipunt maak, terwyl dit tog te stomp en te ongeskik is om iets daarmee dood te gooi.
Sy antwoord was: “Baas, dis die Boesman se graaf en pik om vanggate vir wild te grawe.” En na ’n rukkie vervolg hy: “Ons, Boesmans, het nie soveel krag in ons arms om ’n ding met ’n stomp klipasgaai dood te gooi nie. Maar laat hy hom voor ons pyl en boog kom presenteer, dan sit hy gou op sy hurke.”
Van daardie tyd af het die naam van spieslem (of asgaailem) deur die geleerdes vir dié soort steengereedskap gebruik, vir ons altyd vreemd geklink. Want dit blyk dat al die Boesmans nie gif gebruik het nie—soos b.v. die skepsels wat op die Hoëveld van Transvaal en ander plekke gewoon het, waar die regte soort gif nie te vinde is nie. Daarom het die Hoëveld-Boesmans die wild met strikke, wippe en vanggate in hande moes kry—en vir die gate het hul graafgereedskappe nodig gehad.
Langs ons seekus word baie ou skulphope aangetref, waarvan sommige seker honderde jare oud is—dis te sê as ons oordeel na die dik lae stof wat daarop gewaai het, die plantegroei wat daarop van tyd tot tyd gegroei en vergaan het—vernaamlik te oordeel na die dik bome wat bo-oor gegroei het.
So is—jare gelede—op Mosselbaai in ’n spelonk ’n groot hoop skulpdoppe ontdek geword. Deur noukeurige ondersoek en studie het dit geblyk dat dit deur menshande jare terug daar byeengebring is. [107]
Maar die interesantste skulphoop wat totnogtoe in ons land ontdek is, is te vinde op die linkerwal van ’n spruit wat in die Buffelsrivier, Oos-Londen, loop. Die hoop het soos ’n klein heuweltjie gelyk, wat bedek was met ’n dik laag grond daaroor, waarin bosse en bome gegroei het; dit was 50 tree lank en 40 voet dik en het omtrent 33,000 kubieke jaarts skulpe van verskeie soorte bevat. Daar die puin weggevoer was om ’n moeras mee op te vul, is die grond deeglik ondersoek geword, en toe kry hul daarin as, stukke van kleipotte, bene en klippe wat swart brandplekke aantoon; maar steengereedskappe is daarin nie ontdek geword nie.
Nou, as ons ’n bietjie oor hierdie puinhoop nadink, dan kom daar baie vrae in ons gedagte op—soos, hoeveel jare het dit geneem om soveel skulpe te vergader, hoeveel tyd het dit daarna geneem om die dik laag grond daaroor te waai en hoelank het dit die bome geneem om daarop te ontwikkel?
In Boesmanland het ons groot sand- en grondheuweltjies aangetref waarin doppe van volstruiseiers, bene en verteerde horings van wild en potstukke te vinde is. [111]
OPMERKINGS:—In die laaste gedeelte van hierdie Storie deel ons mee informasie deur mnr. E. de Roubaix, Roggeland, Nieuwoudtville, verskaf en wat hy van ou oom Jan Visser ingewin het—wat toe al 83 jaar oud was.
Die wapen waarop ’n Boesman staatmaak, is sy pyl en boog. Die boog word van ’n taai, buigsame hout gemaak wat nie maklik breek as dit gebuig word nie. Kareehout is daarvoor ook geskik. Die Boesman neem ’n lat van omtrent drie en ’n half of vier voet lank. Die stuk hout moet sonder kwaste wees. Hy sny dan die lat effe spits—met verdrag—na die punte toe, dog in die middel bly dit oor ’n duim dik. Na hy dit mooi en glad afgewerk het, smeer hy dit met vet en hou dit oor die vuur dat die vet kan intrek. Dit doen hy as die hout nog nat en klam is. Op hierdie manier bly die boog se hout sterk en buigbaar. Die boog word gedurig met vet ingesmeer, sodat die hout nie kan uitdor nie.
Hy neem van die senings van groot wild en draai daarvan—solank as dit nat is—’n sterk snaar of string. Hy knoop die een ent aan die een punt van die booghout, dan buig hy die hout in die fatsoen van ’n halfmaan en knoop die ander ent aan die ander punt van die booghout vas, en dan is die boog klaar. [112]
Die skag, of steel van die pyl, word van sterk fluitjiesriet gemaak; want die pyl moet lig wees. Vir harpoene gebruik hy harde been of geslypte vuursteen; maar ons het ook gesien dat hul glas van ’n bottel of ’n stuk hoepel gebruik het—dis te sê, waar hul dit op die lyf geloop het; want glas- en yster-smelt verstaan hulle nie. Daar is soveel soorte harpoene dat ons nie algar kan beskryf nie. Een soort het ’n lang punt agter, dit druk hul in die voorpunt van die pylsteel en woel dit styf met nat sening van wild vas. Die ander—soos glas en vuurklip—word met harde gom of soiets aan die voorpunt van die pylsteel kunstig vasgeplak. Aan die agterkant van die pyl—om dit reguit te laat trek—bind hul ’n veer met senings vas, sodat die pyl daardeur ’n swawelstert kry. Dan is daar pyle met gif agter die harpoen en pyle sonder gif; en dié het meestal ’n skerp beenpunt.
Nou ontbreek die gif nog.
Soos ons gesien het, het die Boesman oor ’n baie groot oppervlakte gewoon. Bossies en bome wat op een plek groei, is glad nie te vinde op ’n ander plek nie. Dus, die gif wat op een plek te kry is, is nie op ’n ander plek verkrygbaar nie. So spreek dit vanself dat die gif wat b.v. aan die Sambesie verkrygbaar is, glad nie langs Grootrivier te kry is nie. Daarom is die Boesman se gif vir pyle van verskillende soorte vergif saamgestel. In al die verskillende samestellings lyk dit of die melkboom of noorsdoringsoorte die vernaamste rol speel.
Daar is ’n gifbos wat die plantkundiges die Acocanthera venenata noem. Mnr. Smith vertel ons dat [113]die Boesmans die hout van hierdie bos neem, dit stukkend stamp, in ’n kleipot plaas om met water gekook te word. Solank dit kook, moet ’n deksel op die pot bly, want die wasem is baie nadelig. Maar tog word die inhoud van die pot af en toe omgeroer. As dit goed gekook is, dan word die water afgegooi en gekook tot net ’n klewerige vloeistof oorbly. Dan stap die Boesman daarmee na ’n soort melkboom, tap die vars melk in die pot en meng die boel deurmekaar. As dit afgekoel is, dan is dit ’n taai, bruin mengsel wat die kleur van bywerk het.
Oom Jan Visser, van Boesmanland, vertel weer hoe ’n ou Boesman, Rondelyf, wat jare agtereen by sy vader gewoon het, gif vir sy pyle bewerk het. Ons gee dit weer in dieselfde woorde soos mnr. E. de Roubaix dit uit die mond van die ou oom gehoor het:—
“Rondelyf het ook gif vir sy harpoene gemaak; en die gif was sterk—want ek het met my eie oë gesien dat ’n springbok, net deur die dikvleis van die linkerbout geskiet, tog doodval; en dit sou nie gebeur het nie as ’n koeël daardeur gegaan het. Hierdie gif het hy eenvoudig gekook van die gifbos se melk.
“Die gifbos groei maar op ’n paar plekke, nl. soos kort bokant Upington. Maar aan die suidelike kant van Grootrivier is ’n plekkie tussen Vaalkoppies en Matjiesrivier waar die gifbos aangetref word; die naam van die plek is Gifkloof, alwaar dit tot vervuiling groei. Die gifbos het geen blare nie, net vierkantige arms, wat van vyf tot ag voet hoog word. Die arms is vol kort, skerp [114]dorinkies en is daarby vol senings net soos die blaaie van turksvye.
“Ek het ook gesien dat ander Boesmans hulle harpoene met die melk van hierdie gifbos smeer.
“Die oumense was erg bang vir die gifbos—daarom het hul die kinders ten strengste verbied om nie in die nabyheid van die gifbos te kom nie.”
Oom Karel van der Merwe, wat baie met Boesmans omgegaan het en dus hulle goed ken, het ons lankal vertel dat Boesmans ook die gif van seker soort slange—nie alle soorte nie—gebruik om hulle pyle mee te vergif. By soiets is daar altyd ’n seker mate van geheim by sonder om eens van al die bygelofies daarby te praat. By voorbeeld, die slang moet só gelyk het, só gelê het en nie dit of dat gedoen het nie. Ook sou al die fluitjiesriet wat só of só gegroei het, nie geskik wees nie. Verder moet die veer aan die agterpunt van die pyl van dié of dié voël geneem word en dan moet die veer op verskeie maniere behandel en gedokter word. Dis nou eintlik soos die ou gryskop-spreekwoord sê: ’n Goeie geloof maak salig; want die Boesman glo sterk in towery.
As die wildding dood is, dan is die eerste wat ’n Boesman doen as hy daarby kom, om die stuk vleis rondom die harpoen uit te sny en dit weg te gooi as ongeskik om te eet. Witmense wat van die vleis geëet het wat met gifpyle geskiet is, verklaar dat die vleis ’n lawwe smaak het. [115]
Wat die slanggif betref wat die Boesmans vir hulle pyle gebruik, is dit wel giftig as dit in die bloed van ’n wildding of mens kom; maar hulle verstaan die kuns om dit skadeloos te maak as dit in die maag kom.
Dit is ook ’n bekende feit dat ’n hond wat deur ’n giftige slang gebyt is, as hy met teëgifmiddels deurgehaal word, en as hy later gebyt word, nie aan die gevolge doodgaan nie. By ons op die plaas was verskeie sulke honde wat niks oorkom nie as ’n slang hulle byt. [119]
OPMERKINGS:—In hierdie Storie vertel ons wat mnr. W. A. van Zijl, van Klein-Breipaal, Kakamas, ons meegedeel het, verder wat ons van Boesmans self verneem het.
Daar die Boesmans ver uit mekaar woon en hulle nie bepaalde wette het nie, is dit maklik te verstaan dat b.v. die Boesmans van die Kalaharie ander gebruike het as die Boesmans van Transvaal, die Karoo of Boesmanland.
So vertel mnr. W. A. van Zijl ons dat in Boesmanland, as ’n jong Boesman op ’n jongmeid verlief is, dan moet hy ’n vet springbok gaan skiet; hy bring dit na die plek waar die jongmeid woon en plaas dit op ’n klein afstand van die pondokkie.
Die volgende dag moet hy weer ’n ander bok gaan skiet; hy bring dit dan weer na dieselfde plek waar hy die bok van die vorige dag gesit het. Lê die eerste bok nog daar (omdat die ouers van die meid dit nie kom haal het nie), dan is dit die vaste teken dat die meid hom nie wil hê nie, en hy kan maar die twee bokke vir homself hou en wegneem. [120]
’N BOESMAN VRA OUERS MET ’N SPRINGBOK.
Maar as die eerste bok weggehaal is en hulle kom die twede een ook haal, dan kan sy hart maar gerus wees en hy kan die meid kry. Want hiermee het hy getoon dat hy ’n man honderd is, wat ’n vrou kan kos gee. Die grootste plegtigheid by die bruilof is dans en vleis-braai, eet en musiek-maak.
Die seremonies van trou is heel eenvoudig. Die bruidegom gaan met een aan ieder sy in ’n ry staan. Die bruid insgelyks staan met ’n meid aan ieder sy regoor, dan dans hul ’n paar slae heen en weer, en die hele plegtigheid is oor; dan kan die braaiery en dansery maar begin. [121]
BOESMANS AAN BRUILOF VIER.
[123]
By ons het ’n ou Boesman met die naam van Ruiter gewerk. Weens sy swakker liggaamsbou kon hy met die ander volk nie saamwerk nie en wou nieteenstaande dieselfde huur ontvang. Ons het hom naderhand laat loop. Dog in dié tyd het ons hom gevra om saans vir ’n span tabak aan ons stories te kom vertel. En dit kon hy net goed doen.
Soos hy ons beduie het, is hy aan die kant of grense van die Kalaharie gebore. Met strooptogte op vee van die trekboere uitgevoer, is hy op jonge leeftyd in hande van Boere geval en het van een baas na die ander getrek, en so het hy min of meer half-beskaaf geraak; maar sy Boesman-nukke kon hy maar nie laat staan nie—so was hy al baiemaal in die tronk. Wel, sy storie oor hulle manier van vry is soos volg:—
’n Boesman neem maar een vrou en nie so baie as ’n Kaffer nie. Hy gaan tot ’n huwelik oor as hy twintig jaar is of soms jonger. As hy sy hart op ’n jongmeid gesit het, dan gaan hy daar kuier. Met sy aankoms daar groet hy almal vriendelik en gaan naas die jongmeid sit en begin somar ’n lewendige gesprek. As die jonkman vir die meid aanstaan, dan staan sy op en bring vir hom iets om te eet of te drink. Na hy hom uitgesels het, staan hy op, stel hom ewe kwaad aan en stap weg sonder om iemand te groet. Hieruit moet die jongmeid en die geselskap opmaak dat hy van nou af ’n vaste vryer is.
Hy bly dan vir ’n lang tyd weg en maak eindelik sy verskyning weer. Almal is bly om hom te sien, en hy neem [124]dan sy sitplek naas die jongmeid, en die ander klomp bedien die twee. Hy bly dan die aand daar; en al wat die jongmeid doen, is om sy bed op te maak en stap dan weg.
Maar wee die jonkman as hy binne die ses maande nie kom nie; dan betower die ouvolk ’n uil, wolf of jakkals om daar by die jonkman se huis in die aand allerhande nare geluide te maak. Het die jongkêrel ’n suspiesie, dan bly hy binne in sy pondok of strooihuis en gaan dan die ander dag teen-toorgoed haal wat sterker is as dié van die ouvolk en vernietig dan die krag daarvan. Maar staan die jongkêrel onbedag op om te gaan kyk watter goeters sulke nare geluide maak, dan val hy op die plek dood as hy buitekant kom.
As die jongmeid van die begin af van die jonkman nie gehou het nie, dan bly sy nie naas hom sit nie: sy staan op, stap weg en gaan op ’n ander plek sit; dan moet hy weet dat sy kanse maar sleg staan.
Mnr. Jan Gey het aan ons vertel toe hy aan die grens van die Kalaharie sy veepos gehad het en sy vee daar aan die sorg van getroue Boesmans oorgelaat het, het hy altyd gesorg dat die jong Boesmans jonk trou; dan bly hul daar, sorg vir hulle vrouens, en is dan glad nie so rondloperig nie.
Die Boesman is baie aan sy vrou en kinders geheg. Hy sal die grootste ongeriewe deurstaan om kos en water aan hulle te verskaf. Die vrou daarenteen help ook kliphard om veldkos vir haar gesin te verskaf. Was dit nie dat hul mekaar so getrou bystaan nie, dan kon so ’n swerwende nasie in die woestyn nie vir duisende jare bestaan het nie; hy is wreed teenoor ander, maar teen sy gesin is hy die opoffering self en stel sy lewe vir hulle in gevaar. [127]
OPMERKINGS:—Hoe meer ons die Boesman bestudeer, hoe groter raaisel word hy vir ons.
Ons is almal daarmee eens dat ’n Boesman baie fyn jagplanne kan maak—meer so as enig ander nasie van die wêreld; maar dan weet ons ook dat niemand daarin geslaag het om ’n Boesman goed te leer lees en skrywe nie. Sy taal is eenvoudig, tog vervoeg hy sy werkwoord net so goed as ’n Hollander of Engelsman kan dink om sy eie werkwoorde te vervoeg. ’n Jong Boesman leer ’n ander taal praat met verbasende snelheid. Sy tekeninge is so duidelik dat daar geen twyfel kan ontstaan watter dier of mens daarmee bedoel is nie. Van klei kan hy enige dier of mens namaak en tog kan hy nie tel nie, terwyl aan die mens tien vingers gegee is, wat ook kan gebruik word—en wat al die nasies van die wêreld gebruik het—om te leer tel.
Omdat hy nie diep oor iets kan redeneer nie en omdat hy hom nie in ernstige gedagtes kan verdiep nie, is sy begrip van godsdiens baie oppervlakkig—so het dit by ons al ’n vaste uitdrukking geword: Hy is so dom as ’n Boesman; sy verstand is so kort as dié van ’n Boesman.
Maar is hy nou so dom in alles? [128]
BOESMANS MET KRALE VAN VOLSTRUISEIERDOPPE.
Sonder gereedskap kan die beste ambagsman nie werk nie. En hoeveel ambagsmanne—ja, hoeveel van ons—is daar wat ons eie gereedskappe kan maak? Die kuns is om sonder gereedskap te werk. Ons het kraalsnoere van volstruiseierdoppe gemaak gesien en het enkele in ons besit wat ’n Boesman sonder gereedskap gemaak het. Ons vertel wat oom Jan Visser aan mnr. E. de Roubaix meegedeel het hoe die krale gemaak word:—
“Rondebout (die Boesman) en van sy maats het ek sien krale maak van die doppe van volstruiseiers. Die dopstukkies [129]word geslyp tot hulle rond is en die grootte van ’n hempsknopie het; dan word ’n gaatjie in die middel geboor en is dan gereed om ingery te word. Die Boesmans dra soms lang stringe van hierdie soort krale om hulle arms en bene—net soos Kaffers glaskrale dra.”
Dan, weer, het ons kieries met ’n knop gesien wat Boesmans sonder die hulp van ’n staalmes bewerk het en het daarop met ’n draadjie en kooltjies vuur diere uitgebrand wat baie duidelik en natuurlik was—vernaamlik ’n bont tier en slange met hulle skobbe en dubbele tonge. Ons is seker dat baie van ons wat ons so slim hou, die Boesman dit nie sou nagedoen het nie. En wie het hom dit geleer?
Mevr. Jacob de Clercq het ons vertel dat haar vader ’n Boesman gehad het wat by hulle groot geword het. Hy het al sy eie musiekinstrumente ewe kunstig gemaak. Daar het dit nie by gebly nie, maar hy kon daarop gesangetjies en liedjies speel; maar om te leer lees of spel of iets uit die hoof leer—so ver kon hul hom nie bekwaam nie: Sy vertel, toe die eerste kettingsteek-naaimasiene uitkom, het hy op sy eie manier so ’n speelgoed-masien nagemaak. Hy het te danig ’n begeerte gehad om smidswerk te leer, en het toe by ’n smid in Natal gaan werk; hy was daarin net knap; en toe hy die ambag enigsins goed verstaan het, loop hy weg, sodat niemand weet waarheen hy gedros het nie.
Selfs met ’n eenvoudige sikspens-knipmes kan ’n Boesman kunstige werkies verrig. Ons het gesien ’n nek [130]en kop van ’n viool wat ’n Boesman van kareehout uitgekerf het wat glad nie in vertoning vir ’n ingevoerde een hoef agteruit te staan nie.
’n Ou vrind van ons het ons vertel dat sy buurman, mnr. Prinsloo, in die ou dae ’n watermeultjie gehad het om koring mee te maal. Sy meulenaar was ’n Boesman wat hy klein gevang het en van sy ouers ontvang het, daar kos toe skaars was. Die Boesman het alles van malery geleer. Hy was ook met ’n makgemaakte Boesmanmeid getroud. Albei het ’n goeie en sindelike opvoeding gekry en het in ’n kliphuis met deur en venster daar by die meul gewoon. Dit het soms gebeur dat die malery langer ophou as verwag is, dan het die ou Boesman die witmense na sy huis genooi om koffie te drink of ’n stukkie te kom eet. Sy oumeid was skoontjies aangetrek; die tafellaken was so wit as sneeu; wat daarop staan, blink; en die borde, messe, vurke, lepels en kommetjies is wat hul spesiaal vir witmense gehou het.
Dus sien ons hieruit dat as ’n Boesman van kindsgebeente reinheid geleer word, hy ook sindelik kan wees en dat hy vir hom in muurhuise goed tuisvoel.
Dis verder ’n bekende feit dat die Boesmans nooit geploeë of gesaai het nie. Wel, meneer Louw Prinsloo het in die vroeë dae naby Chrissies-meer op die Hoëveld van Transvaal gewoon. Hy vertel dat hul wilde Boesmans wat vee gesteel het, agternagesit het. Aan die bopunt van Soetoerivier kry hul die woonplek van die Boesmans; en daar het klein tuintjies met mielies gestaan, terwyl in die [131]hele omgewing geen blankes of Kaffers gewoon het nie. Wild het toe al skaars geword, en die ou spreekwoord sê: “Nood leer bid,”—so het die Boesman hom verplig gevoel om ook mielies te saai—miskien meer met die doel om dit groen te kook of te braai. [135]
OPMERKINGS:—Hierdie Verhaal is afgeskrywe deur mnr. E. de Roubaix soos deur oom Jan Visser aan hom vertel.
Ou Oom Jan Visser—nou 83 jaar oud—vertel die volgende ware gebeurtenis:—
“Sestig jare gelede was ek ’n jongeling van drie-en-twintig jaar oud en weet vandag nog baie goed wat ek op hierdie leeftyd gesien, gehoor en ondervind het. Dit was in die jaar 1859. Die ou wêreld tussen Calvinia en Grootrivier was toe nog woes, maar bedek met gras en blomme; wild en ongedierte het ook nie makeer nie. My vader se veelêplek, of staning, was in die hartjie van ou Boesmanland en wel by ’n groot vlei of pan. [Die Boesmanlanders noem die opgedroogde vloer van ’n groot meer water ’n pan.—Die Skrywer.]
“As ’n mens aan een kant van die pan staan en kyk oorkant-toe, dan lyk die ander kant somar hier naby. [136]Maar moenie glo nie! Jou gesig word bedrieg en dis nie so nie. Soms sien ’n mens êrens in die pan ’n groot wit ding wat so groot vertoon as ’n boerbok; maar loop hy daarheen, dan vind hy niks meer as ’n murgbeen van ’n bees nie.
“Op ’n warm dag—as die warm lug oor die grond flikker—, dan vertoon orals in die pan of daar plasse helder water staan wat groot kabbelings maak. Maar dit alles is ’n lugverskynsel, wat ons opgeefsels noem. Daarom het die pan die naam van Verneukpan gekry; en dis vandag nog sy naam, en almal noem die plek nou nog so.
“Nou, wat ek eintlik wil vertel het, is dit: dat in daardie tyd by ons ’n ou rou Boesman gebly het. Sy naam was Rondelyf. Hy was al bejaard; want sy ou gesiggie was al vol rimpels en wat van sy twee nou ogies te sien was, was net twee skrefies—hoewel hy baie beter kon sien as ons algar saam. Hy was die wagter van my vader se lammerooie.
“’n Geslepener skelm, ’n fyner leuenaar en ’n deurtrapter dief ken ek nie. Hy het altyd die tabak, bierklei, timablikkies (ghriesblikkies), vleis, kougoed, seninggare, en ander dinge van die volk uit hulle pondokke gesteel sonder dat iemand hom ooit betrap het. As iemand hom vertel dat daar groot suspiesie teen hom bestaan dat hy op een of ander tyd ’n ding gesteel het, dan trek hy sy gesig in die onnoselste en onskuldigste plooie, wat sy onskuld moet aantoon. Op die oomblik is hy bereid om te sweer en te bewys dat hy op daardie dag glad op ’n ander [137]plek was as dié waar die goed gesteel is—alles om te staaf dat hy somar niks anders as die pure waarheid praat nie.
’N BOESMAN BEKRUIP WILD.
“Hy het nog op die Boesman-manier pyl en boog gedra en het baie hase so op die lêplek platgetrek, of doodgeskiet. Met sy glinsterende en half-toegeknipte ogies het hy reeds van ver af ’n hasie agter ’n bossie sien lê, of ’n koraan in die laagte sien staan, of ’n pou daar teen die duintjie sien wei. Dan begin hy te fluit, en begin in ’n sirkel al om die wildding te loop; maar hy kom tog al die tyd nader en nader, sodat hy die sirkel naderhand baie kleiner het. Al [138]die tyd hou hy die pyl op die snaar van die boog gereed. En bewaar die arme dier as Rondelyf hom onder skot kry, dan is dit klaar met hom; want mis-skiet ken die ou Boesman nie!
“Hy het nooit springbokke vervolg as dit koel is nie; maar op die warmste van die dag is sy tyd; want dit gebeur dan dat die muggies die bokke pla, en hulle gaan dan skuiling in die koelte onder die bome of bosse soek. Terwyl hulle daar perdgerus in die skaduwee staan, begin die ou Boesman hulle te bekruip. Hy kon letterlik soos ’n slang op die grond seil en gaan dan tot ’n vyftien tree of so van hulle af, kies sy buit, en dood is daardie bok se naam! Dit het nooit gebeur dat ’n dier wat hy bekruip het, hom gewaar het nie.
“Omtrent twee uur te perd van Verneukpan is ’n plek met die naam van Omdraaivlei; daar was ’n ander staning. Op ’n seker dag het daar op Omdraaivlei ’n smous met negosiegoed en tabak kom staan. Hy het daar ’n goeie ruk gebly; en my vader het daar ook goed gaan handel en koop.
“Gou het Rondelyf van daardie negosiewa gehoor, en dit het hom nie lank geneem om uit outa Koring se gordband twee sielings te steel nie. En weg spring hy met daardie geld, dwarsdeur die veld, reguit na die smous toe om tabak te gaan koop.
“Omtrent halfpad staan ’n leeu kort voor Rondelyf op en staan hom ewe bedaard en kalm aan te kyk; al die tyd swaai hy sy stert van die een kant na die ander kant in die lug. Ongelukkig het Rondelyf nie sy pyl en boog by [139]hom gehad nie, nog minder vuur of ’n ander wapen as net sy twee-voet-lank kierietjie.
“Hy sak stadig op sy hurke en hou die leeu dop; die leeu kom ’n entjie nader. Hy staan toe weer regop en staan die leeu aan te kyk; die leeu bly weer staan; daarop gaan hy weer op sy hurke sit, en weer kom die leeu ’n bietjie nader. Hy staan nogmaals regop, wat die leeu weer tot staan bring. So het hy ’n paar maal aangegaan. En toe hy weer opstaan, spring hy regop in die lug, gee ’n geweldige skreeu en klop hard en geesdriftig op sy karos, wat hy onderwyl van sy lyf afgehaal het en wat hy toe in sy hand hou, en hy storm die leeu. Dit was te veel vir die leeu: hy neem die spat; en so is Rondelyf van hom bevry geword. En na hy dit veilig geag het, spring hy terug na Verneukpan toe en kom my vader roep om die leeu te skiet.
“Ons het dan ook nie versuim om die leeu te gaan opsoek nie. Ek het meegegaan. Toe ons op die plek kom waar die ontmoeting afgespeel was, het ons die spore van albei goed beskou en kon dadelik sien dat Rondelyf nie met stories aangekom het nie, en dat hy waarlik ’n baie nou ontkoming gehad het; was dit nie dat hy geen lafaard was nie, dan was daardie dag voorseker die laaste dag van sy lewe.”
Tot so ver het oom Jan Visser vertel; maar hy het nog meer vertel, en ons sal in die volgende boekdeel nog meer van Rondelyf hoor. Ongetwyfeld was hy ’n ou karnallie; maar net so ongetwyfeld was hy ’n held.
In die volgende boekdeel sal ons geleentheid vind om nog meer van sulke dapper verrigtinge melding te maak, waaruit duidelik sal blyk dat die dwergnasie heldhaftig is en glad nie lafaards is nie. [143]
OPMERKINGS:—Ons vertel hier hoe Boesmans hulle verf meng om hulle skilderinge op rotse uit te voer, en ook hoe hul vir sieraad soms hulle lyf skilder.
Hoeveel persone het al die vraag gestel: Ek verwonder my dat die skilderinge van Boesmans soveel honderde van jare kan bestaan sonder te verbleek of af te reën—hoe maak hul die verf? Nou, as iemand ’n bietjie oplettend is en sy oë rondom hom heen werp, dan sal dit hom dadelik tref dat sulke skilderinge baie voorkom waar die melkboom of noorsdoring-soort bosse en bome groei, of anders in streke waar pitvrugte aangetref word. In kaal streke waar soiets nie aangetref word nie, daar vind ons meer grafeer- of inkraptekeninge. Dan word ’n harde skerp klip gebruik om figure in sagter klip in te krap. Hiervoor gee hul die voorkeur aan die swart blink rotse wat net ’n dun nerfie buiteom het; as dit deurgekrap word, dan maak dit ’n vaalgrou streep wat net so lyk as die binneste van die rots. So ’n grafeer-, of uitkrapwerk, is so te sê onverganklik.
Ons sal oom Jan Visser weer aan die woord bring soos goedwillig deur mnr. E. de Roubaix vir ons opgeteken.
Oom Jan gaan voort om te vertel:— [144]
“Rondelyf het ook die kuns verstaan om verf te maak. In T’korgas se Laagte het baie van die plat leiklippies gelê, wat blou, vaal, geel, swart en bruin gekleurd is. Hy kies dan onder die klippies uit net watter kleure hy wil hê; hy maal dit tot poeier, sif dit dan tot tienmaal deur ou lappe of doeke, ja, hy pers dit met sy vingers daardeur; nou is dit stof.
“Hy maak daardie stof aan, of meng dit met die t’kouboom se olie, net soos skilders verf meng, en begin daarna met sy kwassie te skilder.
“Die t’kouboom tref ’n mens vandag nog in groot menigte aan in die sandlaagtes van Brabees, Renosterkop, Noudonsies en ander plekke langs Grootrivier. Die boom self is baie taai, dit het ’n dik stam en behou sy blare somer en winter. Die blare is so breed as dié van ’n perskeboom, dog korter, baie gekrul, of kroeserig, en besit ’n frankbitter smaak.
“Die olie word verkry uit die bessies van hierdie boom deur dit fyn te stamp en dan te kook; die bessie is net so groot as die kasterolieboom se pitte, dog is baie harder. Hierdie bessie braai Rondelyf uit saam met die melk van die gifbos. As dit afgekoel en koud is, dan is dit gereed om as olie vir verf te dien. Waar die soort gekookte olie op ’n klip val, maak dit ’n bruin vlek wat nie vandag, nòg môre, nòg oor jare daarna somar sal uitgaan nie.
“My oorlede moeder het ons ou trektafeltjie met daardie soort verf geskilder. Op sagte voorwerpe, soos sagte hout, word die verf dof, maar op harde klip behou [145]dit sy helder kleur. Maar met al ons rondtrekkery het dit moeilik gegaan om ’n skaafplekkie aan die tafel te kry—dis ongetwyfeld, dié soort olie is goed.
“Rondelyf het nog ’n ander soort verf gemaak, naamlik van ajoos, vet en harpuis. Die Boesmanlandse harpuis is baie skaars—so vat hy soms in plaas daarvan kors, of gom, van die t’kooibos. Met hierdie soort verf het hy soms sy hele liggaam besmeer—tot selfs sy bakkies. Dit het ’n mooi donkerbruin kleur.
“Die ajoos is ’n soort plant nes die duiwelsbrood. [In Boesmanland word ’n paddastoel duiwelsbrood genoem.—Die Skrywer.] Maar waar die duiwelsbrood die vorm van ’n hoed of sambreel het, het die ajoos die vorm van ’n ronde bal. As dit ryp word, dan droog die vel uit, word hard; en as die vel dan oopgebreek word, dan is die hele bal van binne vol van ’n bruin, swart of geel poeier. Hiervan word die verf gemaak.”
Tot so ver het oom Jan vertel.
Die ajoos word in die Karoo en binnelande van die ou Kolonie oeltjie, of nambossie, genoem; en word sowel deur die Hottentotte as Boesmans gebruik om hulle wange mee bruin te skilder—soms word hulle gesigte nogal taamlik bont daarmee geverf.
Ons het in ons kinderdae gesien dat blank meisies ook hulle gesigte tydelik daarmee geskilder het. Toe ons die rede daarvoor verneem, was die antwoord: “Dit hou die vel koel en as ons dit na ’n tyd afwas, dan is ons gelaatskleur weer lelieblank; want hier in die ope veld [146]brand die son ons heeltemal bruin.” Dit was natuurlik die geval waar die trekboere ver uit mekaar staan en besoekers nie aldag daar kom nie. Die meisies hou hul by sulke geleenthede eenkant.
VOORBEELDE VAN VERFKLEURE.
Wel, om tot die verfkleure van die Boesmans terug te keer. Boesmans teken die Kaffers altyd swart af—daarvoor gebruik hul potswartsel; vir Boesmans gebruik hul meestal bruin—daarvoor gebruik hul bruin potklei, bruin klip wat ysterroes bevat; vir wit mense gebruik hul wit of liggeel klei, of skilferklip van dié kleur. Ook het ons skilderinge in groen en blou gesien, wat vermoedelik aan kopererts ontleen is. Soms vind ’n mens tekeninge wat amper rooi is; die verf hiervan word op seker plekke gegrawe. [149]
OPMERKINGS:—In hierdie Verhaal deel ons ’n paar gevalle mee hoe onverskillig ’n Boesmans die erns van die lewe kan opneem: plesier is sy grootste ideaal.
Baie mense eet om te lewe; ander, weer, lewe om te eet en om die plesier van die wêreld tot hoofdoel te stel. Dit lyk of die Boesman hom beskou as net in die wêreld te gekom het om te eet en plesier te maak.
Sy grootste genot is dan maar eet en dans. Hy kan nie lekker dans as hy honger het nie; en as hy sy bekoms aan ’n maal het, dan wil hy dans; en dit doen hy so goed dat almal wat hom sien dans, moet verwonderd staan. Dit het baiekeer gebeur dat as die baas van die plaas kuiergaste van ver kry, dat hy sy Boesmans roep om tot vermaak van die kuiergaste te kom dans—net soos die ou Farao’s van Egipte gedoen het om hulle dwergdansers tot vermaak van ander en hulleself te laat dans.
Sê die oubaas: “Toe, ou Hans, kom dans vir die kuiermense die aasvoëldans,”—dan lyk ’n aasvoël ’n mooi bog om beter rond te spring en met sy vlerke rond te klap as ou Hans Boesman dit kan doen. Dan kom weer die bobiaandans, wanneer ou Hans Boesman se litte so los is as dié van ’n lamlendige houtpop. Daarna moet hy die [150]springbokdans uitvoer, en dan by hierdie geleentheid wip Hans soos ’n gomlastiekbal in die lug, skynbaar sonder ’n been, arm of spier te beweeg—want springbokke hou mos hulle bene en nek styf as hulle pronk.
En as ’n klugspeler en nabootser het ’n Boesman nog nie sy gelyke gekry nie.
Hy is ook glad nie punteneurig omtrent die soort kos wat hy kry nie. Dit kan maar goeie of slegte vleis wees, slange of skilpaaie, veldvrugte of uintjies—alles is welkom, as dit maar net nie doodmaak nie.
Maar dan gebeur dit met groot droogtes dat kos skaars word en hulle hard moet stry om elkeen vir homself aan lewe te hou; dan maak hulle wonderlike planne om kos in die hande te kry. Loop hul dan kos op die lyf wat vir ’n week of meer kan dien, dan is daar geen voorsorg om matig aan te gaan en ’n stukkie vir die dag van môre opsy te sit nie. Nee, hulle eet gulsig tot hul nie meer kan nie, gaan slaap as dit dag is, of dans as dit nag is. Is alles op, dan bly die gedagte oor: “Ons het dit die dag of wat lekker en plesierig gehad.”
As honger en droogte diere teister, dan gooi hul hulle kleintjies weg; en wat doen die Boesmans?
Mevr. Jacob de Clercq vertel aan ons dat toe sy nog ’n kind was, kom daar na haar vader, Gert van Niekerk, se plaas (waar nou Uitkyk-stasie, Middelburg, Tvl., is) ’n ou Boesman en sy meid; hulle plaas ’n klein meidjie wat nog nie kan loop nie, voor haar moeder en vader en soebat om tog maar die meidjie vir ’n jong os te ruil, daar hulle [151]baie honger ly. Ou mnr. Van Niekerk en sy vrou wou so ’n jong kind nie ontvang nie; dog die Boesmans bly aan soebat, hulle verlaat die werf stilletjies, gaan ’n bees vat en gaan daarmee voort. Mnr. Van Niekerk het die kind met ’n oorlamse Kaffer agternagestuur, maar hy kon die Boesmans nie vind nie—so het mevr. Van Niekerk maar die meidjie grootgemaak. Sy het haar ounooi getrou gedien en het tot haar oudag by die famielie Van Niekerk gewoon, en het naderhand sleg van gesig geword.
Maar dit moet al baie droog wees as Boesmans nie meer iets te eet in die veld kry nie. Laat ons weer hoor wat oom Jan Visser ons vertel. Mnr. De Roubaix stuur die volgende mededeling aan ons:—
Oom Jan Visser vertel: “Ek was eenmaal as kind met my vader mee in die Kalaharie-woestyn. Daar het ons eendag—kort voor sononder—’n klomp Boesmans teen ’n duin sien koes en opstaan. Hulle was druk besig om iets te soek en uit te grawe en steur hul nie aan ons nie. Rondelyf weet dadelik te vertel dat die Boesmans honger het en dat hul besig is om uintjies te grawe. Toe sien ons dat kort-kort een op sy hurke gaan sit en druk besig met grawe is. Dit het waarlik gelyk nes ’n klomp bobiane wat kos teen die rant soek.
“Toe dit begin skemer word, het die Boesmans teen die duine gaan rus. Rondelyf vra toe somar verlof om daarheen te gaan, daar hy vermoed dat die hele nag fees sou gevier word. Hy was reg; want so was dit ook. Die Boesmans het hulle ramkies meegebring en het daarop die [152]hele nag gespeel. Die gedans was net lewendig en geesdriftig. Ons kon die musiek duidelik hoor, en daar is een riel wat hul toe gespeel het, wat ek self op Rondelyf se ramkie kon speel. Die naam van die riel is Die Bontperd. Dit het net twee of drie draaitjies en gaan min of meer so: Hor-tiek-tiek, hor-tek-tek, hor-tak!—dit word oor en oor herhaal.
Toe Rondelyf terugkom, vertel hy dat van hierdie Boesmans het die poliesie van Upington en Kenhardt vroeër gaan haal en met die grootste gesoebat op Upington gekry. Daar is hul toe gehuur geword om êrens anderkant Kenhardt aan ’n dam te gaan werk. Maar voor hulle die werkplek bereik het, het die laaste een weggeloop en die Kalaharie ingevlug.
“Toe ek ’n kind was, het Rondelyf vir my meer as een ramkie gemaak. Hy het gewoonlik die hoepel van ’n vat geneem en rond gebuig dat dit so groot as ’n hoed se bol is. Aan die hoepel bind hy ’n stok wat as nek van die ramkie dien; bo-aan maak hy drie gaatjies waarin die pennetjies moet kom wat die snare moet aandraai. Hy neem dan ’n nat haarafgemaakte vel van ’n lam en trek dit oor die rondgebuigde hoepel en oor die stok so ver dit aan die hoepel vas is. Dan maak hy die drie snare aan die onderpunt van die stok vas, trek dié oor die romp van die ramkie en bind dit een vir een aan sy pennetjie vas. Dan maak hy ’n kam en plaas dit op die romp van die ramkie; dan lyk die affêre nes ’n drie-snarige ghitaar.
Nou is ou Rondelyf my musiekonderwyser—ja, wat vang kinders nie aan nie! Ek het geleer om Die Bontperd [153]te speel, dan dans ou Rondelyf voor my en skoffel dat die stof so trek.”
Tot so ver die verhaal van oom Jan.
’n Boesman sal hom die hele dag vreeslik vermoei om in die aand—al was dit maar vir ’n oomblikkie—’n plesier-plek by te kom. Ons weet van ’n geval waar ’n smous ’n mak springbok wat met die vee meeloop, geruil het. Die springbok kry dit in sy kop om terug te hol om sy pleegmoeder, die bokooi, te gaan opsoek. ’n Boesman bied sy dienste aan om die jong springbokkie vir ’n sopie brandewyn te gaan haal. Die smous beloof hom dit, en kort na sonop spring die Boesman weg en kom moeg die aand na sononder met die bokkie op sy skouer terug. Toe iemand hom vra of hy sy lyf dan oor ’n sopie so moet pla, antwoord hy: “Baas, ’n dag se swaarkry is niks, as ek net in die aand effe my lyf kan plesierig maak.” Die smous het egter ’n span roltabak by die sopie gevoeg; en meer voldaan en opgeruimd—toe die sopie begin te trek—het ons ’n skepsel nie gesien nie. Met so ’n beloning sal hy nooit staak nie.
Oom Piet Smit het ’n Boesman en sy seun gehad wat snags na die skape in die bosveld moes kyk. Hulle weet as hul durf die veewerf in die nag verlaat, dan kry hul die volgende dag ’n afgedankste afranseling. Maar daarom gee hul nie as hul net in die nag die bierpotte van die Kaffers wat op ’n afstand woon, kan bykom. Hul steel enigiets om vir bier te gaan verruil. [154]
Jagters in die Kalaharie kry baie dienste uit die swerwende Boesmans net deur hul met ’n stukkie tabak te vergoed. Doen hul dit nie, dan moet hul van dors omkom. Dis wonderlik dat die wildste Boesman van tabak gehoor het en baie uit sy pad sal gaan om dit in hande te kry. [157]
OPMERKINGS:—Nou sal ons enige staaltjies gee hoe fyn ’n Boesman kan steel sonder uitgevind te word—maar baiekeer loop hy hom tog vas, daar die witmense te goed met sy planne bekend is.
Daar is baie mense wat volhou en nie van die punt af te kry is nie, nl. dat ’n Boesman ’n gebore dief is. En tog sit in so ’n algemene verklaring nie altyd waarheid nie. Hoeveel mense vertrou hulle goed aan die sorg van Boesmans toe en vind hulle vertroue nie misplaas nie? Ons was in ’n huis waar die Boesmanmeid aan die nooi sê: “Nooi, ek sal my hande nie aan jou goed sit nie; maar ek beloof nie om nie te steel as ek by jou drank uitkom nie.” En die huisvrou het ons verseker dat nie ’n speld verlore geraak het nie, maar die drank kon sy nooit te veilig onder slot gehou het nie.
Andermaal gaan ons vertel wat oom Jan Visser verhaal het en aan ons deur mnr. E. de Roubaix toegestuur is:—
“Eenmaal het ’n veekoper met sy vee by ons staanplek gelê. Die vee kom gewoonlik oor ’n kaal vlakte met klein bossies begroei na hulle lêplek toe. As ’n haas oor die veld loop, kan ’n mens hom sien. Wel, soos gewoonlik kom die [158]vee weer een agtermiddag oor dieselfde vlakte wei-wei veewerf-toe; en die veekoper se twee wagters was by.
“Die volgende oggend, na ou gewoonte, word die skape getel, en toe word bevind dat een aan die getal kort kom.
“My oorlede vader merk toe teen die veekoper op: ‘Dis baie snaaks dat net een skaap aan die getal ontbreek—een skaap sal mos nie afdwaal nie! Ons het seker sleg getel, of anders is die skaap gesteel of aan die geilsiekte dood.’
“Hulle tel weer die skape; maar nog word een vermis. Toe besluit hul om met die honde effe in die veld rond te soek. Hulle was nog geen paar honderd tree van die tent af nie of hul was op daardie kort blomkool-vlakte. Hulle sien dat die honde so gretig in ’n droë bos snuffel. Na nader te gestap het, bevind hul dat dit ’n droë kraalbos is wat iemand in ’n erdvarkgat se bek geprop het. Hulle trek die bos uit, loer in die gat—en daar vind hul die skaap afgeslag, en die vleis, behalwe die stert en rugstring, was in die vel toegedraai en aldus in die gat sorgvuldig versteek.
“ ‘Dis niemand anders se werk hierdie nie as dié van Rondelyf,’ roep my vader uit. ‘Ek sal die hele ding gou-gou vir jou uitvind,’ sê hy toe hulle huis-toe stap.
“Toe hul daar aankom, pak hul Rondelyf aan sy arm en bind sy hande agter sy rug vas en lei hom na die klein handskroefie om sy oor daarin vas te draai. Want ’n Boesman moet ’n mens gou op die lyf loop om hom bang te maak en nie kans gee om te dink nie.
“ ‘Kom, Rondelyf, vertel die hele waarheid; hoe het jy die skaap daar op die kaal vlakte gevang sonder dat ’n [159]mens of die twee wagters jou gesien het?’ vra my vader toe hy maak asof hy die skroef met geweld gaan aandraai. ‘Toe, kom uit met die waarheid, of ek draai jou ore en vingers in die skroef af!’
“Toe kom hy sonder te versuim met die hele waarheid uit, en vertel dat hy in die agtermiddag al in die erdvarkgat met ’n bossie op sy kop gebind, gaan lê het; want hy weet dis die huistoekom-pad van die skape. Toe die skape om die erdvarkgat wei, het hul hom nie daar binne-in gewaar nie. Hy het sy vet hamel uitgesoek, wat geen tree van die gat af was nie, het sy hand uitgesteek, hom gegryp en in die gat gesleep. Die skape om die gat het wel ’n bietjie geskrik; maar dit doen hul heeldag as hul op ’n hasie, slang of skilpad afkom. Dadelik was alles oor; die skape trek die gat verby sonder dat die twee wagters geweet het dat daar iemand en ’n skaap binne in die gat gewees het.
“Na hierdie verklaring was Rondelyf gou uit die skroef verlos; dog my vader het hom ’n afgedankste loesing afgetel omdat hy durf die goed van ’n ander steel. Dit het vir Rondelyf en sy maats skaars ’n week gehelp, dan het hul die taaiste pak slae vergeet en steel weer van vooraf.”
Mnr. Piet Venter het ons vertel dat sy vader, toe hy nog in die binnelande van die ou Kolonie gewoon het, twee getroue honde gehad het. Hulle het baie jakkalse en ongediertes doodgebyt; en ’n Boesman het nie gedurf om naby te kom nie. Hulle het ook ’n getroue ou Boesman, ou Ertman, gehad, wat na die koeie met jong kalwers kyk. [160]
Eendag slag my vader, mnr. Piet Venter, ’n vet koei; die vleis moet in die nag in ’n boom hang, en die twee honde pas dit op. Dog die ander dag makeer ’n voorkwart; en hul kon nie uitvind hoe dit onder die oë van die honde uit gesteel is nie. Later, op ’n wonderlike manier, vind hul uit.
Ou Ertman het aan sy maats in die veld vertel dat sy baas ’n koei gaan slag. In die nag het een in ’n boom ver van die huis geklim en nes ’n jakkals geskree; solank die een trag die honde na hom, die sogenaamde jakkals, te lok, het die ander êrens naby verskuil gelê. Die honde hol na die sogenaamde jakkals toe en blaf daar; onderwyl steel die ander Boesmans die vleis en hol daarmee veld-in en vlug ver die berge in; dog hulle het nie vergeet om stilletjies in die weiveld aan Ertman sy beskeie deel van die vet vleis te bring nie. [163]
OPMERKINGS:—Hier gee ons ’n paar voorbeelde hoe ver nood iemand kan drywe.
Die boesman, as kind van die woestyn, het ’n harde stryd teen wilde diere, vyande, honger en dors. Selfverdediging is die eerste wet van bestaan. En daar is so baie maniere van selfverdediging.
Ons het al vertel hoe Boesmans soms hulle kinders vir kos verruil. Dit is nie alleen om hulle lewe te red nie, maar ook dié van hulle kinders.
Maar hoe maak hul met hulle swak ou volk wat nie meer met jag kan meedoen nie as die nood hul dryf om te trek—ja, na ’n veraf geleë streek te trek?
Hieromtrent het ons informasie ingewin van mnr. W. A. van Zyl, Klein-Breipaal, Boesmanland. Dit deel hy ons mee: “Die wilde Boesmans het drie maniere om van hulle ou volk ontslae te raak as die nood hul erg druk, sodat hul verplig word om die streek te verlaat.
“Die eerste manier is om ’n kliphok om die swakke en oue van dae te pak. Daarin plaas hul dan kos en water om vir ’n geruime tyd te dien. Dan trek hul weg en laat die ou persoon verder aan sy eie lot oor. Die kliphok, wat hoog en sterk gepak is, is natuurlik bedoel om die ou skepsel [164]teen verskeur van wilde gedierte te beskerm. As hy binne-in veilig is, dan word hy van die vrees en angste gespaar om deur wilde diere wreed gedood en opgevreet te word.
“Die twede manier is: Hulle grawe ’n diep ronde gat regaf—natuurlik waar geen klippe te vinde is nie—, plaas die ou daarin, en ook kos en water, maar dan vir ’n kort tyd. As hul dan nie weer terugkom voor hy dood is nie, dan smeer die meide hulle hare vol verf met vet gemeng. Hulle neem dan klein klippies en gooi dié rondom sy lyf in die gat totdat hy hom nie meer kan roer nie en daar vassit; dan verlaat hul die plek, om nie na die graf terug te kom nie. Die ou kan hom dus nie roer nie en moet so van ellende sterwe.
“Die derde manier is: As hul op trek is en een van die oues beswyk van ouderdom of dors, dan maak hul ’n langwerpige hol plek in die grond, lê gras daarin en plaas die ou daarop: daar moet hy lê tot hy dood is—nou is daar geen kos of water om aan hom agter te laat nie.”
Tot so ver het mnr. Van Zyl ons vertel.
In ieder geval waar hul hulle oues agterlaat, is ons deur Boesmans verseker geword dat hul altyd ’n kliphok, waar klippe te vinde is, en ’n doring-heining, waar doring-bosse te vinde is, pak, om die agtergeblewene teen verskeuring deur roofdiere te beskerm.
Dit alles lyk wreed; maar ’n Boesman het ons die vraag self gestel: “Sal baas die hart hê om jou eie pa of ma [165]koelbloedig te vermoor as daar net liefde en nie rusie is nie? Wat help dit om agter by hulle te bly? Dan sterf ons met vrou en kinders almal tesame—en wat word dan van die Boesman-nasie?”
Omtrent wat rein en onrein is, bestaan by volkere groot verskil. Ons eet b.v. skaap- of beesboutvleis, snoek, hase, vark, ens., terwyl ’n Jood dit as onrein ag. Ons eet mossels, klipkous, maar nie seekat nie, terwyl die suidelike nasies van Europa seekat eet omdat dit aan die skulpsoort behoort. Ons eet ystervark, wat ’n knaagdier is, maar verfoei muise, wat ook knaagdiere is. Ons eet nie perde en haaie nie, terwyl dit in Europa wel geëet word. Ons eet nie kruipende diere nie, maar wel skilpaaie. Ons eet nie paddas nie, en in Frankryk is dit ’n lekkerny. En so kan ons nog baie goed opnoem, b.v. dat Kaffers vis as onrein beskou, maar hulle sal ’n jakkals eet. Baie mense wil nie wild eet nie of dit moet ’n luggie hê.
Nou, die Boesman steur hom aan niemand nie—hy eet wat voorkom, soos vleis, vis, muise, paddas, slange, akkedisse, skilpaaie, wurms en vleis, of dit vars of oud is, miere en alles—as dit net nie doodmaak nie. Hy gaan dus met almal saam. Want die honger en dors van die woestyn het hom daartoe gedwing—net soos ons in die geskiedenis lees dat as ’n bemuurde stad beleg is om die bevolking uit te honger, dan het die mense net alles geëet en gedrink wat ’n Boesman eet en drink. Maar as hy goeie kos kry, bepaal hy hom meer daarby as tot die ander, [166]en beskou dan b.v. slakke en paddas in dieselfde lig as die Franse.
Deurdat ’n stomp pyl—soos dié van ’n Boesman—nie deur die dik vel van groot wil kan boor nie, is die Boesman verplig om met gifpyle te skiet. Maar hoeveel lewens van hulle het dit gekos voor hul die kuns goed verstaan het om te weet watter gif te gebruik en hoe om dit te gebruik? Die nood het hom dus tot gif gedrywe. [169]
OPMERKINGS:—Ons noem hier enige feite wat ’n ander nasie moeilik ’n Boesman sal nadoen.
Vra aan iemand wat so te sê aldag met Boesmans omgaan, of hy ooit ’n Boesman ontmoet het wat verdwaal het; en hy sal ronduit verklaar dat hy van so ’n geval nie weet nie. As ’n Boesman eenmaal op ’n plek gewees het en weet waar dié plek geleë is, dan sal hy van enig ander oord reguit met ’n onbekende pad na die plek toe loop—al was dit in die donker. In hierdie opsig is hy net soos ’n posduif wat oor honderde myle deur mistige weer huis-toe vlie.
So vertel mnr. H. Visagie ons dat toe hy ’n jongeling was, het by sy vader ’n ou Boesman en sy gesin gewoon. Die ou het maar lus gehad om noordwaarts na die Kalaharie te trek. Na hy vir maande en maande weg was, kom op ’n goeie dag een van die ou se kinders aangestap—hy het na sy oubaas toe weggeloop. Volgens die twaalf-jarige Boesmantjie beduie, het hy met sy ouers eers noord-wes getrek, toe weer reg sonop; en nadat hy maande met hulle rondgeswerf het, het hy weggeloop en reguit deur die veld koers na sy oubaas gevat. Hy was vir dae op pad, het baie honger en dors gely, en is deur ’n streek gegaan waar [170]leeus en wolwe ronddool. Toe hom gevra was hoe hy die pad reggekry het, was sy enigste antwoord: “Ek weet mos waar oubaas woon.” Wel, sou ’n kind van twaalf jaar van ’n ander nasie dit reggekry het om die so onbekende weg te vind, om honger en dors so te trotseer en om die vermoeienis deur te staan, sonder eens van die gevaar van ongediertes te praat?
Ons het self gesien hoe hul die warmste van die dag uitkies om wild te agtervolg—wat beteken dat hul ’n harder natuur besit as ’n dier. So skryf mnr. E. de Roubaix ons verder wat hy uit die mond van oom Jan Visser aangeteken het:—
“My vader het vir Rondelyf meestal gebruik om verlore vee op te spoor—en hiermee het hy sy weerga nie kon vind nie. Hy kon spoorsny beter as ’n gewone hond en kon beter sien as ’n aasvoël uit die lug; want die geringste verskuiwinkie ontsnap sy blink ogies nie. Daarby het hy ’n groot stuk wêreld in ’n omsientjies kon afdraf sonder enige tekens van vermoeienis te toon. Meer as een middag, as dit regtig warm is, het hy wilde volstruise van agteraf ingehardloop en gevang. By hom het ek as kind dikwels volstruisbiltong geëet.
“Hy was ’n opregte Boesman; maagseer, koppyn, jig, of tandpyn het hy in sy hele lewe nie gekry nie. En soos hy is, so is al die Boesmans.”
Ofskoon die Boesman se gesig goed is, is sy ruik enigsins in seker opsig gebrekkig; daarom kan hy die stank van aas of sleggeworde vleis goed verdra. Selfs die [171]spelonk waarin hy woon, het ’n walglike walm wat enig witmens sou terugdrywe. En wat nog meer is, is dat hy in so ’n omgewing nie die pes kry nie; sou witmense onder sulke omstandighede die lewe moet voortsit, dan lê almal binne ’n week of so plat aan die koors.
Wat hy nog meer kan doen, is om kaal op nat grond te slaap. Soms is sy skuilplekkie in ’n renerige nag of dag net om te troos, maar nie om die instromende water uit te hou nie—en tog weet hy van geen jig of inflammasie nie.
Ons het reeds vermeld watter fyn planne hy met jag kan maak. Mnr. W. A. van Zyl, van Klein-Breipaal, deel aan ons mee:—
“Boesmans bekruip wild seer fyn. Solank die wild nog op ’n afstand is, kruip hy hande-vier-voet; dog kom hy nader, dan seil hy op sy buik. Al wat hy moet doen, is om ’n bossie op sy kop vas te maak om sy swart hare te bedek; want dit is al wat die wild kan beken, daar sy lyf dieselfde kleur as die grond het. Hy is dan in staat om so na aan die bok te kom as hy verkies—net, hy moet onderkant die windkoers bly, sodat die bok die bekruiper se ruik nie kry nie. Dieselfde plan volg hy as hy wild voorlê. Hy kruip dan gewoonlik tot op ’n afstand tussen vyftien en vyf-en-twintig tree, hy kan deur sy fynheid nog nader kom, maar die pyl moet ’n seker distansie trek om sy snelheid te kry.”
Iets wat ’n Boesman ook beter as ’n ander kan doen, is om weg te kruip. Eens het ons ’n plaas gemeet waar twee Boesmantjies kalwerwagters was. In ’n grasvlei het ons ’n vlag gesteek en het die Boesmantjies belet om met die [172]kalwers naby die vlag te wei. Hulle het hul egter daaraan min gesteur, en die vlag is verskeie male deur die kalwers uit die grond gepluk geword. Die baas se twee seuns en ons persoonlik sien die Boesmans in die grasvlei rondspeel; ons al drie stap daarheen—maar daardie Boesmantjies kry, was net so goed om kwarteltjies daar te soek, en tog, die gras was nie hoër as twee voet nie. Ons het vir die pret lank gesoek, maar moes so onverrigtersake omdraai. Toe ons omtrent aghonderd tree weg was, sien ons hul daar weer rondspeel.
Hierdie eienskap help die Boesman om as jagter uit te blink, en om in ’n minderheid teen ’n oormag te veg. Hierdeur was hy in staat om sy grond vir so ’n lang tyd teen Hottentot, Kaffer en witmense te verdedig. Eenmaal het ’n ou Kaffer op die westelike grense van Transvaal hom aldus op sy eienaardige manier aan ons uitgedruk:—
“My baas, die Boesman is somar die ding. Jy sien, baas, jy en ek maak die baklei: jy kyke my oog, ek kyke jou oog. Maar die Boesman!—nee, my baas. Jy pla net verniet jou oog om vir hom te soek. Soos jy soeke die wind, jy kry vir hom; soos jy soeke die bobbejaan, jy kry vir hom; maar die Boesman! hoe jy sal weet hy is daar? Ja, al wat jy sal wete is: hy is daar, en hy stuur die dood na jou toe.”
Die Boesman het die jagveld en die waters as sy eiendom beskou. Die wild is sy vee en dit word hom afgeneem; so moor hy ook onder die vee van ander. Hy weet vir hom is daar geen genade nie; waarom moet hy [173]die lewe van ander in ’n geveg spaar? Hy of sy vyand moet dood. As daar maar ’n dosyn vegmanne in ’n bergstreek woon, dan is dit nie elkeen se werk om hulle daaruit te verdrywe nie; en wie sal hom in die woestyn gaan agtervolg?
Sy geheue is baie goed om plekke te onthou waar hy die doppe van volstruiseiers vol water begrawe het. Dit bly daar lank verberg; want mnr. W. A. van Zyl skryf aan ons:—
“Hulle woon gewoonlik ver van water. Die water word in volstruiseierdoppe aangedra na hulle werf. Ook begrawe hul orals op sagte plekke sulke doppe vol water om in tyd as hul vlug of trek te gebruik. Ek het self in my kinderdae op sulke gevulde doppe afgekom as die wind hul in die duine oopwaai.”
Ja, en ons wonder hoe water wat solank in ’n eierdop gestaan het, moet smaak!
Ons sal in die volgende boekdeel ander ware gebeurtenisse meedeel wat haas ongelooflik is, en sal aantoon wat ’n Boesman nog meer kan doen. [177]
OPMERKINGS:—Uit hierdie Verhaal blyk dit dat die Boesman steeds ’n raadsel vir die ontwikkelde mens bly; hoe meer ons hom bestudeer, hoe raadselagtiger is hy.
As nasie van jagters wat net leef van wat hul gedurende die dag versamel het en wat hul meen die volgende dag weer in te samel, en ook dat hul geen vee van hulle eie aanhou nie, so het die Boesman hom nie erg bekommer oor getalle nie. En daar hy van getalle min verstand het, kan hy ook nie syfer of reken nie. En tog, daar sal geen pyl van hom wegraak nie, of hy weet dit. As hy bokwagter is, sal daar geen bok vermis raak nie, of hy weet dit. Al lyk lammertjies hoe eenders, tog weet hy om aan iedere ooi haar regte lam te besorg. Van die geldwaarde van iets het hy hoegenaamd geen begrip nie; en as ’n mens hom geldstukke wys en die name en waarde daarvan opnoem, sal hy dit wel leer; maar meng ’n spul silwergeld, soos trippense, sikspense, sielings, tweesielingstukke en halfkrone deurmekaar en vra hom hoeveel dit alles tesame uitmaak, dan is hy nie in staat om die waarde daarvan op te gee nie.
Daarom word Boesmans vir kos, tabak en ou klere gehuur—hulle verkies dit bo geld, waarvan hul niks verstaan nie. [178]
Ek het eenmaal ’n Boesman gehuur wat ’n hele ruk op Kimberley gewerk het. Hy kon daar met die wette maar nie regkom nie, en was daar tweemaal in die tronk; so is hy daar weg. Ek sê aan hom dat ek hom kos en tabak sal gee en vyf halfkrone in die maand—ek wys hom op my vingers hoeveel vyf is. Hy skud sy kop en sê: “Nee, baas, ek het nog altyd op Kim’ley meer verdien; die base daar het elke maand by elke vinger ’n sieling neergesit; en as baas dit ook wil gee, sal ek by baas mooi werk; so nie, dan gaan ek ’n ander baas soek.” So het ek hom vir tien sielings in plaas van twaalf sielings en sikspens per maand gehuur. En hy het my baie trou gedien; maar dat ek aan sy verstand kon bring dat vyf halfkrone meer as tien sielings is, was net verniet.
Wie die Goewerment is, kon hy maar nie verstaan nie. Hoe ek hom ook al die vorm van goewerment uitlê, hy kon daar geen begrip van kry nie—hy meen dit moet ’n ryk man wees wat alles besit en oor algar baas is. Hy vertel toe:—
“Met ons Boesmans daar in die veld is dit só gesteld: Niemand is oor ons baas nie. Net ons pa en ma as ons nog kinders is; maar hul sal vergeet om aan ons te vat as ons self ’n mannetjie is wat met ’n kierie ’n breekskoot kan slaan. As iemand oor ons wil kaptein speel, nes by die Hottentots en Kaffers, pak ons vir ons eenvoudig in en laat hom waar hy is. Hy sal dit vir eenkeer en tweekeer probeer, maar vir die derde keer sal hy gou leer dat hy nie met kinders te doen het nie. Is dit dan nie reg nie, baas? Kyk, al die wild is mos ons algar syne saam, die veldkos [179]is ons syne saam, die water is ons syne saam; en wie het hom daaroor baas gemaak? Al wat ons ons eie noem, is ons vrou en kinders, ons hond en gereedskap—daar moet ’n ander die pote van afhou: dis ons eiendom—nie waar nie baas? Dis mos reg so, nè baas?”
Hieruit is dit duidelik dat ’n Boesman nie kan regeer nie en is self moeilik om te regeer—mits ’n mens sy maniere goed bestudeer en hom daarna behandel; dan is hy getrou aan sy baas en nooi.
Om ’n Boesman te leer lees en skrywe, is net tydverkwisting. Toe ons persoonlik veewagtertjie was, het ons smiddags onder die bome in die somer baie tyd gehad om na Hans Boesman se stories en vertellings te luister. Ons het letters in die sand gemaak om hom ’n begrip te gee hoe die witmense lees en skrywe. Hy wou ook probeer om die letters te leer, en het nogal behae daarin geskep; maar hy moes dit opgee: “dis tog te swaar om te leer,” het hy gesê, en so was die skoolganery op ’n end; terwyl ons Basoetoe-skaapwagter binne ’n paar maande uit sy boek kon lees. Dit het ons van persoonlike ondervinding; want ons kinders het vir Hans as ’n interesante speelmaat beskou en wou hom aanhelp.
In die jaar 1799 het eerw. J. J. Kicherer van die Londense Sendinggenootskap aan Sakrivier, Boesmanland, ’n sendingstasie aangelê, met die spesiale doel om die geestelike belange van die Boesmans te bevorder. Aan hulp het dit nie ontbreek nie. Die boere het beeste, skape en tabak aan die sendeling gegee om daarmee die Boesmans na Blyde [180]Vooruitzigt—soos die naam van die sendingstasie was—te lok. Die Boesmans het by hope gekom en daar gebly tot daar nie meer beeste, skape en tabak gekom het nie; toe het hul weer na die wilde lewe die toevlug geneem; want werk—soos Hottentots en Kaffers by sendingstasies—wou hul nie.
Nou, dis gewoonlik dié Boesmans wat ’n tyd onder die witmense gewoon het en wat weer die wilde natuur aanneem, wat die groot kwaaddoeners is. Mnr. W. A. van Zyl, Klein-Breipaal, noem hul wildehonde. Dit skryf hy aan ons omtrent die verwoesting deur hulle aangerig:—
“Die Boesman se geaardheid is nes dié van ’n wildehond. As hulle vee gesteel het, dryf hul dit op ’n draf vinnig weg tot by ’n ruie plek of klipkoppe, en dan maak hul almal, grootvee sowel as klein vee, voor die voet op ’n hoop dood. So het hul troppe en troppe vee van ons doodgemaak—so maak wildehonde ook. Die wilde Boesman sorg nooit vir die dag van môre nie: wat hy nie kan opeet nie, kan maar bederwe en vergaan; môre doen hy weer dieselfde.”
Dit het wel gebeur as vee te moeg word en nie vinnig genoeg na die sin van die Boesmans voortgaan nie, dat hul dan sulke diere die haksenings afsny of hul doodmaak; maar gesond wil hul die dier nie laat agterbly nie. Dit het ook gebeur dat hul van die dooie vee vleisskanse maak om agter te lê en hulle so te verdedig. Wanneer daar so ’n oorvloed van kos is, dan gun hul die leeu ook daarvan, wat ook vleis vir hulle uit sy oordaad laat bly—die wolwe [181]en jakkalse kan ook maar snags kom bysit. Wat dan nog oorskiet, is die volgende dag die Boesman syne—hy is nie inhalig nie, en gun aan die ongedierte ook iets.
Wel, as ons al sulke dinge in oëskou neem, dan laat dit ons ver dink; want ons sien dat ons hier met die voorgeskiedenis-mensdom te doen het. Dit het duisende jare geneem om die barbare uit die mensdom te beskawe. En hoe sal ons dit regkry om meteens van ’n lae, gesonke mensheid in een geslag ’n beskaafde mens te maak? Beskawing klim van een geslag op na die volgende.
En tog, met dit al is die Boesman op seker punte van vooruitgang vir die Kaffers en Hottentots voor, soos bv. hulle begrawe altyd hulle dooies (met gesig sonop), terwyl Hottentots hulle dooies in erdvarkgate stop, en sommige Kaffers die lyke êrens plaas sonder om dié te bedek. In tekenkuns het hul ook verder gevorder. [185]
OPMERKINGS:—Ons gee nou seker punte aan wat steeds gedien het om die bestaan van Boesmans vir soveel eeue—nee, duisende jare—te waarborg.
Daar bestaan geen nasie op aarde nie, of hulle voorouers was vir duisende jare terug barbare wat sonder klere rondgeloop het, wat geen ander werktuie kon maak nie as van klip, hout en horings; hoe om metale te bewerk, het hul niks van afgeweet nie. Sommige nasies het eerder as andere tot beskawing gekom, soos die ou Egiptenare, Babiloniërs, Feniesiërs, Grieke en Sinese; dog die Engelse, Franse, Duitsers, Hollanders, Russe en Skandinawiërs het later gevolg, en het toe voordeel van die Griekse en Romeinse beskawing getrek.
Wat ook al mag gegis word deur geleerdes omtrent die oorspronklike geboorteland van die Boesman, dit weet ons as ’n onbetwiste feit dat Afrika hulle land was en is. En Afrika, met sy groot inlandse woestyn, het die noordelike beskaafde volke teruggehou; so het die Boesman die voordeel gehad dat hy sy rol eenkant kan vry uitspeel.
’n Ander voordeel vir hom is dat Afrika die rykste wêrelddeel vir wild is. Hy het dus nie nodig gehad om met mak diere opgeskeep te wees nie. Ook die veld het genoeg wilde vrugte en veldkos vir ’n jagter opgelewer, [186]sodat hy nie nodig gehad het om self te plant en te saai nie. Het hy lus vir vis, dan maak hy eenvoudig fuike van latte en lê dié in die riviere, en hy kry oorgenoeg.
Op hierdie manier het hy verkies om in ’n lui-lekker-land te woon. Daar is niks verédelends in jag nie—dit beteken die vermoor van onskuldige lewens; en om ’n naam te maak, word soms meer wild gedood as wat vir die behoefte nodig is. So het die Boesman hom nie uit sy barbaarsheid verhef nie en het stil bly staan sonder verstandelik te ontwikkel; want ’n redelose dier, soos ’n leeu, kan ook jag en genoeg vind om van te lewe.
Dan is dit ’n natuurwet wat die Skepper daar gestel het, dat die geskikste altyd sy pad en bestaan beter vind as ’n minder geskikte. Die geskikste ontwikkel kragtiger en laat meer nakomelinge na as die minder geskikte, wat nie behoorlik vir sy nakomelinge kan sorg nie. Dit op die Boesman toegepas, is dit duidelik dat die vader wat die beste kan hardloop, beste kan sien en die gepaste kleur van vel het om hom net soos die veld te laat lyk—dié vader bring ’n kragtiger famielie op; terwyl die swakker en siekliker man miskien nie eens ’n vrou kan kry nie; en kry hy een, dan is sy swakker kinders nie bestand teen die harde eise van die woestyn nie: hulle sterf en laat ook nie ’n swak geslag na nie. So het net bly voortlewe wat vir die lewensstryd geskik is.
Laat ons die Boesman nou beskou soos hy vandag is, en let op wat tot sy voordeel is. [187]
Sy kleur is net soos die veld waarop hy jag. Mense het reeds daarop gelet dat daar ’n klein verskil in kleur is tussen die Boesmans wat in die Kalaharie woon en die Boesmans wat suid van Grootrivier gebore en opgegroei is. Daarom het mnr. W. A. van Zyl in die vorige verhaal gesê dat al wat ’n Boesman nodig het om te vermom, is sy swart hare, wat deur die wild kan beken word; sy kleur is net soos dié van die grond.
Aldag is jagdag, maar nie vangdag nie. So gee dit eienskap dat daar dae van oorvloed is, en dae van gebrek, wanneer honger en dors die jagter en sy famielie kwel. Hieraan het die Boesman se maag gewend geraak en sy liggaam het in dié rigting ontwikkel om in tyd van oorvloed voedingskrag op ’n seker deel op te gaar. Wie ’n Boesman ken, weet dat ’n seker deel van sy lyf besonder fris ontwikkel is. Dus moet ons die tekenaar nie blameer nie as hy ’n Boesman net so afteken as hy in die natuur is.
Mense wat in stede en dorpe van kindsdae af woon, kan gewoonlik nie so ver sien nie as mense wat op die platteland woon, omdat hul meestal in strate loop wat met geboue begrens is; dus het hul geen ver uitsig nie, en die oog word geoefen om naby te kyk. Die Boesman, as jagter, moet ver en naby oor die vlaktes en teen rantjies sy oë laat dwaal; dus is hulle oë van geslagte tot geslagte geoefen om ver en naby te kyk. Dis daarom dat sy gesig so goed as ’n vèrkyker is. Hy het dus die voordeel van ’n vèrsiende oog. Sy ooglede vorm twee skrefies, omdat hy oor vlaktes in skerp lig kyk. [188]
Iemand groot en swaar van gewig kan nie so vinnig hardloop en is ook nie so rats nie. Slaan maar ag op wat ’n kind in ’n dag afmaak, probeer dit alles na te doen, en voel of jy in die aand nie doodmoeg gaan slaap nie. Vergelyk jou krag met dié van ’n kind, en staan dan verbaas. Net so met die Boesman: deur hy klein is, weeg hy nie swaar nie; die spiere van sy bene is goed ontwikkel. Die beste hardlopers onder hulle is ook die beste jagters—dus: die beste versorgers van hulle famielies; en so is hierdie eienskap van geslag tot geslag onder hulle voortgeplant, net soos dit die geval is met windhonde en resiesperde.
Die hardste en vertroubaarste werkers en arbeiders van die wêreld is persone met ’n vaste liggaamsbou en ’n gemiddelde grootte van ongeveer ses-voet-hoogte. Op hierdie eienskap kan die Boesman nie aanspraak maak nie. Dit is dus wreed om van hom swaar liggaamsarbeid te eis. Maar gee hom vee om mee te werk, of werk van ’n minder vermoeiende aard, dan is hy daar tuis net soos enige ander.
Wat die Boesman deur al die eeue van uitroei of uitsterwe bewaar het, is dat daar selde of nooit ’n getroude meid gevind word wat nie ’n aantal kinders het nie. Ons oumense het reeds in vroeër dae opgemerk dat die Boesmans so snel vermeerder. Maar nou in ons dae is hul aan die verminder. Die rede hiervoor is dat die Hottentots en Kaffers, wat van die noorde die land oorstroom het, die mans vermoor en die meide vir hulle tot vroue geneem het. En in ons dae wil ’n Boesmanmeid liewers ’n Hottentot of [189]Kaffer tot man hê. Dit is dus die meide wat geen nasionale gevoel vir hulle eie nasie besit nie; sy is die groot oorsaak van dit alles; haar verval is die ondergang van haar volk. Haar volk is in die minderheid en word deur die ander verag, waaroor sy ’n seker mate van skaamte gevoel; en dit maak dit vir haar so gemaklik om haar eie nasie te verstoot en haar met ’n vreemde nasie te vereenselwig.
Maar sou die Boesmanmeid soveel respek hê om trou by haar volk te staan, saam met hulle die lief en leed te deel. dan sal sy die redmiddel wees om die bestaan van die Boesman voort te plant. Maar noudat die Boesmanjong nie trou nie, sal dit nie meer baie geslagte duur nie of die Boesman sal tot die verlede behoort. [190]
Kunstenaar op ’n Studiereis na die Boesmans in die Kalahariewoestyn.
Hierdie e-boek kan deur enigiemand gebruik word, oral, gratis en met weinige beperkings. U mag dit kopieer, weggee of hergebruik in terme van die Project Gutenberg Lisensie hierby ingesluit, of aanlyn by www.gutenberg.org.
Hierdie e-boek is gelewer deur die aanlyn Distributed Proofreading span by www.pgdp.net.
Titel: | Boesman-Stories: Deel III. Die Boesman self, sy sedes, gewoontes en bekwaamhede | |
Skrywer: | Gideon Retief von Wielligh (1859–1932) | Info |
Illustrator: | Hans Anton Aschenborn (1888–1931) | Info |
Taal: | Afrikaans | |
Oorspronklike publikasiedatum: | 1921 | |
Sleutelwoorde: | San (African people) -- Folklore | |
Tales -- Africa, Southern |
Hierdie Project Gutenberg-e-boek bevat eksterne verwysings. Hierdie skakels werk moontlik nie vir u nie.
Die volgende regstellings is aan die teks gemaak:
Bladsy | Bron | Regstelling | Redigeerafstand |
---|---|---|---|
11 | afbeel | afbeeld | 1 |
84 | skerppuntbeenbyle | skerppuntbeenpyle | 1 |
103 | Geskeidenis | Geskiedenis | 2 |
113 | sy | my | 1 |
129 | [Nie in die bron nie] | ” | 1 |
179 | Beosmanland | Boesmanland | 2 |
190 | [Nie in die bron nie] | . | 1 |
Oorsig van afkortings gebruik.
Afkorting | Uitbreiding |
---|---|
b.v. | byvoorbeeld |
v.K. | voor Kristus |